Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 14/05/2011: Cornelius – intelligente evolusie


Jakkals - 2011-05-13

Heita, my ou maat. Daai laaste brief van jou het nou regtig lekker gelees. Jy weet, hierdie Jakkals probeer nie om slim te wees nie, maar ek het nogal oor die evolusie gedink, of dit intelligent is of nie.

As maatstaf vir die "intelligente ontwerp" van evolusie het ek gewonder wat die doel van evolusie eintlik is? As dit bedoel was om met een probeerslag perfeksie te bereik, dan was dit seker nie baie geslaag nie.

Maar as die doel daarvan was/is, om alle moontlike kombinasies uit te probeer en daaruit ’n data-bank op te bou vir toekomstige gebruik op die pad na perfeksie, sou dit dalk as baie meer geslaagd gereken kon word.

Die probleem lyk my, is om uit te vind wat die werklike einddoel van evolusie is. Daarom my stelling, dat dit vir my "voorkom" asof evolusie nogal intelligent ontwerp is. As evolusie doelgerig daaraan sou werk, om alle moontlike foute in toekomstige ontwerpe uiteindelik te identifiseer en dan so uit te skakel deur dit prakties te toets, is dit dalk ’n baie intelligenter ontwerp as wat ons moontlik gereken het. Dan was dit wat ons as mislukkings identifiseer het, eintlik tog maar suksesse, wat net verkeerd interpreteer is?

"Die doel heilig mos maar die middele", of iets in daai lyn! Maar, hoe vra mens nou vir evolusie of sy finale doel wel perfeksie is? Of is dit miskien tog afleibaar aan die huidige (voorlopige) resultate te siene?

Cheers.

Jakkals