Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 12/05/2011: Appels is so lekker!


Thomas - 2011-05-11

My dag bestaan op die oomblik uit baie ure voor die rekenaar sit met navorsing doen en daarna die opskryf (optik?) van ontledings en gevolgtrekkings. Om dus te ontspan is dit vir my lekker om nie in die studeerkamer voor die rekenaar te sit nie. Omdat die internet deel van my ontspanning geword het (en LitNet daarmee saam), moes ek ’n plan maak om die internet met my saam te kan dra. Ek het vir my ’n splinternuwe iPad2 aangeskaf en siedaar my probleem is opgelos. Wat ’n wonderlike stukkie apparaat wat so klein is dat ek dit oral heen kan saampiekel maar groot genoeg is om hierdie e-pos gerieflik op te kan tik.

Met my iPod waarmee ek musiek luister en my iPhone waarmee ek bel het hierdie toevoeging uit die Apple-stal my finaal verslaaf. Dis seker hoekom Adam en Eva so gewaarsku is teen daardie appelboom in die middel van hulle tuin!

Groetnis

Thomas

Nou is ek behoorlik jaloers, Thomas! – Maggie