Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuut by LAPA Uitgewers


2011-05-10

Untitled Document


Nuut by LAPA Uitgewers
dié Mei:

Geur van vergifnis, Hondsdol, Jy en jou drome, Jy en jou sterre, Moenie vir Bernard soen nie!.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Formaat:
129 x 198 mm; Sagteband
ISBN:
9780799348682
Prys:
R145,00



Klik en koop

Geur van vergifnis
Skrywer:
Alta Cloete

Geur van vergifnis is die tweede boek in die trilogie wat begin het met Geur van genade, deur Alta Cloete.

Dit is ’n onwaarskynlike romanse: ’n hardkoppige man in ’n rolstoel en ’n ewe hardkoppige vrou wat hou by haar blokkieshemde en denims. Die pad is lank voor hulle tuiskom en ja kan sê vir die toekoms.

Geur van vergifnis is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Kategorie:
Romanse
Formaat: 129 x 198 mm; Sagteband
ISBN: 9780799349580
Prys:
R120,00

Klik en koop


Hondsdol
Skrywer:
Michael Green

Die strate van PE is aan die bloei ...


Gracie is kwaad vir Ben. Hy is werkloos en het oënskynlik geen ambisie behalwe om net ’n Kung-fu musical te skryf nie. Verder oefen hy en hulle seun, Henry, net Kung-fu. Só kwaad is sy dat sy vir ’n ruk lank sonder Ben Jeffreys toe gaan om weg te kom.

Skaars is Gracie by die deur uit of tant Lien, hulle buurvrou, oorreed Ben om haar te help om bewyse te vind dat die Nigeriërs aan wie sy ’n woonstel verhuur, dwelms verkoop. Ben willig in en dan is die gort gaar. Die bloed en koeëls spat en dit raak ’n stryd om oorlewing vir dié twee. Selfs Gracie en Henry se lewens word in die proses in gevaar gestel ...

Hondsdol is vir enigiemand wat ’n aanhanger is van Quentin Tarantino-flieks. Net soos in Tarantino se sjiek geweldsflieks maak die oordaad vreemd genoeg die geweld ligter, byna komies op plekke.

Hondsdol is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Formaat: 137 x 212 mm; Sagteband
ISBN:
9780799344318
Prys:
R165,00

Klik en koop

Jy en jou drome
Skrywer:
Zelda Dalling

Leer jou unieke droomtaal ken

Jou drome is jou mees lojale en eerlike vriende. Hulle praat altyd die waarheid, of hulle nou waarsku, voorspel of verduidelik. Hulle wil jou help en sorg dat die boodskap by jou uitkom, maar dit is jou taak om jou drome eerlik te interpreteer. Net jy weet wat in jou hart omgaan en in jou lewe gebeur.

Drome praat dikwels deur simbole, en hierdie alfabetiese naslaangids sal jou help om die mees algemene droomsimbole, binne jou unieke en emosionele droomervaring, te verklaar. Met hierdie gids kan jy jou eie droomdagboek hou en stelselmatig jou unieke droomtaal leer ken.

Jy en jou drome is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Kategorie:
Kleuter Fiksie
Ouderdoms-groep: 3+
Formaat: 137 x 212 mm; Sagteband
ISBN: 9780799347630 Prys: 
R130,00


Klik en koop

Jy en jou sterre
Skrywer: Zelda Dalling

Impulsief, iesegrimmig of pedanties?
Die sterre onthul ...

Hoekom is jou vriendin wat onder die teken van die gulhartige Leeu gebore is, so suinig? Hoekom is jou man wat onder die teken van die vriendelike Tweeling gebore is, so stil en ernstig? Dalk is sy maan in die teken van die ernstige en kwaai Skerpioen …

Jy en jou sterre is die vertrekpunt vir diegene wat meer wil weet van hul persoonlike astrologieprofiel en ook die mense rondom hulle se persoonlikhede beter wil verstaan. Dit is toeganklik en bied die antwoorde op baie ander soortgelyke vrae wat jy al dikwels gevra het.

Jy en jou sterre is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Kategorie:
Kookkuns
Formaat: 128 x197 mm; Hardeband
Bladsye:160
ISBN:9780799347425
Prys:
R80,00

Klik en koop

Moenie vir Bernard soen nie
Skrywer:Niki Daly

Almal hou van Bernard. Dit maak Bernard baie vies. Veral die vier soenerige tannies met hulle bloedrooi-lipstiffie-piksoene, kom-gee-my-’n-druksoene, voordat-jy-kan-keer-soene en tatta-sien-jou-weer-soene. Daarom besluit hy: Niks meer soene nie!

Moenie vir Bernard soen nie is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700, of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.