Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 09/05/2011: En toe pik die hen my!


HJ - 2011-05-06

Adam: HJ, wat gaan met jou aan?

HJ: Niksie. Hoekom?

Adam: Jy lyk beswaard.

HJ: Ek is moer toe gestuur ...

Adam: Hehe! Hoog tyd! En deur wie nogal. Nogal.

HJ: Henn.

Adam: Nou, jy het dan seker iets verkeerd gedoen of hoe?

HJ: Nee, ek het iets verkeerd gesê.

Adam: Soos wat. Jy weet jy moet jouse bek hou. Jy moet erken jy is geneig om met jouse pote in jouse bek rond te loop.

HJ: Ja, maar hy is lelik.

Adam: Hei? Lelik soos in sy ma het hom lelik aangetrek of lelik soos in verbaal lelik, of dalk van postuur of wat?

HJ: Lees self. Lees hier: “HJ, jou platter-aarde- en quantum-retoriek plof ongelukkig met ’n kenmerkende spat in die kdk-huisie iewers vêr weg in ’n hoek op die werf.”

Adam: O-O! Dit kon ’n spelfout gewees het. Hy wou “kak” tik toe tik hy “kdk”. Die “d” en die “a” sit na aan mekaar.

HJ: Ja, dis seker so. In sy tweede skrywe het hy darem die “kdk-huisie” verwyder.

Adam: Nou sien jy! Dit was ’n ou foutjie. Kan enigeen oorkom.

HJ: Dis maklik vir jou. Jy sit in die paradys. Henn het ’n laang storie vertelle van ’n vis in ’n bak en toe ek hom vriendelik en vreeslik diplomaties teregwys, wip hy hom. Hy reken dat Hawking die storie vertel het. Op bladsy 39. Toe seg ek vir hom syse kop werk met vis-logika.

Adam: Dis nie mooi nie! Nee man!

HJ: Ja, miskien, maar daai vis-storie van Hawking is net beeldspraak. Het boggerol te te doen met spirituele denke! En dit is buite konteks aangehaal.

Adam: Ai HJ, HJ, HJ, ... HJ! So dis waaroor dit gaan! Jou wipperasie met die emosionaliteit van spirituele denkers wat wetenskap verkeerd gebruik!?

HJ: Ja!

Adam: Maar HJ, die spirituele skrywers is maar net opgewonde oor die lekker wêreld van die quantum en stringe en so. Jy kan hulle nie kwalik neem nie!

HJ: Dis seker so. (Brom.) Maar hy reken ek kannie Ingels lees nie!

Adam: Hehe! Jy kannie! Jy is orraait met Sumeries en Hebreeus en Yiddish en Grieks en Duits maar jouse Ingels IS soos jouse somme, oppie paal! En nie alle spirituele skrywers doen sonde met die wetenskap nie!

HJ: Dis wat ek probeer sê het in myse tweede brief! Ek het skielik besef dat ’n paar van my vrinne eerlike “spirituele” skrywers is. Hulle wou my bliksem! Maar toe pik hy soos ’n hoender op my oorlat ek vergeet het om my Venn-diagram te gebruik.

Adam: A! Jy het die goue reël van logika vergeet! “Beskerm jou gat!”
HJ: Toe seg hy vir my; “ ... val in klas met Kobus de Klerk, Erika Henn, Wouter, en ou Angus.”

Adam: Klink vir my na ’n kompliment. Wouter en ou Angus is slim boykies en Kobus bv beredeneer ten minste sy sieninge vanuit ’n “spirituele” konteks.

HJ: Ek stem, maar wat staat my te doene?

Adam: Wel, jy kan, soos hy voorstel, in jou moer vlieg maar dis op hierdie stadium moeilik. Jy moet eers dooi voor jy kan. En daai “Kamaste” van jou was stout. Miskien kan jy ook met iets moois soos “excelsior!” afsluit?

HJ: Deversus? Pessus? Emesinusa? Galamma-huru?

Adam: Sug.

HJ