Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Piëta


Izak du Plessis - 2011-05-04

Untitled Document Piëta
(by die dood van Andries Tatane)

Die hart is nie ’n klip nie, juis daarom 
syg ’n mens makliker neer as marmer
(klei in die hande van ’n beeldhouer)
as die hart gebeitel word, tot ’n krom-

posisie van die dood: Verlossers kom
en gaan deur skote as die elikser
van die lewe stol, die hart tot bitter
beelding op die mond uitloop. Juis daarom

is dit sommer ’n kak idee om uit 
oortuiging neer te syg soos marmer.
Piëtas is onvolledige sonnette.