Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Fiksie | Fiction

Huis koop


Marinus Uys - 2011-05-04

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek trek van Bloemfontein na Pretoria met ’n moerse gesukkel. Vir eens wil ek genuinely nie die roosstad en al sy glorie verlaat nie. Die werk het my verplaas en dit voel nou kompleet of hulle ’n gat in my kop gepraat het. Hoofkantoor is in Johannesburg en ek sal die N1-snelweg op ’n daaglikse basis moet aandurf, maar in Johannesburg bly wil ek nie. Pretoria is waar ek grootgeword het, so die trek sou minder drama afgegee het. Ou pelle weer opsoek, ou kuierplekke weer nuut gaan ontdek …

Met net my studentedae as verwysingsraamwerk begin ek online blyplek te soek. Vind Anton se naam ’n paar keer opduik in die area waarvan ek hou. Besluit om hom te ontmoet oor die naweek. Ek gee my spesifikasie en hy lyn ’n paar plekke op. “No problem ons sort jou gou-gou uit.” Ek haat agente van enige aard, voel so asof hulle nie ’n regte werk doen nie.

Ontmoet Saterdag vir Anton by die eetplek. Hy stap reguit na my soekende oë. “Hi, ek’s Anton, jy het nie gesê jy is sexy nie! Die girls moet seker mal wees oor jou!” Steek sy hand stewig uit, kyk na my broek en dan in my oë. “Eerste plekkie is klein en staan leeg op die oomblik. Jy reg om te gaan? Ons ry sommer in my kar, sal vinniger gaan, jou kar sal fine wees.” Hy kyk weer na my broek terwyl ek opstaan en vir die koffie betaal. “Hou van jou baadjie.” Hy staan en vryf aan my baadjie, klop sy plathand op my bors. Ek weet nie wat om te sê nie. Geskok dat hy net aanneem ek sal OK wees met sy direkte komplimente, of iets in sy woorde lees, iets wat ek wil hoor.

Die plek is inderdaad nie groot nie. Twee slaapkamers, groot stort en toilet, kleinerige kombuis. Oop-plan. Baie nuut. Ons staan in die kombuis, hy balanseer homself teen die graniet. “So wat dink jy? Klein, nè? Dis goed geprys en die verkoper is nogal desperaat, sy is alreeds vertrek. Emigreer. Plek gekoop as belegging en nou gaan soek sy groener weivelde op die kontinent-eiland.” Anton kyk weer na my broek en vryf die voorkant van sy broek. “Koud nè?” Ek weet nog steeds nie wat om te sê nie. Skud maar net my kop.

“So is jy getroud?”

“Nee, ek is nie?” vra-sê ek.

“Hou jy van bietjie man speel?”

“Askuus?” vra ek geskok.

“Hou jy daarvan om met mans te speel? Daar’s niks lekkerder nie!” Anton vryf nou met meer mening sy broek en ek kan die knop sien groter word in sy jeans.

“Ek het al.”

“Dis goed! So het jy al piel gesuig?”

Ek skud weer my kop.

“Wil jy bietjie speel?”

“Nou?!” vra ek.

“Ja hoekom nie, ons is al twee mooi groot.”

En daarmee staan Anton tot teenaan my en begin aan my broek te vryf. “Haal hom bietjie uit dat ek kan sien.” Tussen my skok deur kan ek voel hoe my hart begin klop in my keel van opgewondenheid. Ek maak my belt los van my jean en hy doen dieselfde. Hy dra nie ’n onderbroek nie. “Hou jy van blow jobs gee?” vra hy terwyl hy my nader trek.

“Ja,” sê ek.

“Nou maar toe dat ek sien waarvan is jy gemaak?” Hy druk my kop sagkens af en ek voel sy stywe piel teen my wang druk. Hy begin sy heupe stadig speels te swaai. Ek suig-soen eers sy knaters en begin my weg te vind na die voorpunt van sy stywe piel. Eers speel ek met sy voorvel deur my tong sirkels te trek op die kop van sy piel, vat dan sy hande weg en hou die warm stywe piel in my hande, terwyl ek met meer mening begin suig. Hy kreun sagkens. “Dis waarvan ek praat!” Ek speel met my eie piel terwyl Anton sy heupe meer ritmies begin beweeg. Hy hou die agterkant van my kop vas en speel kort-kort met my nippels. “jy maak my vreeslik jags, ek’s amper gereed om te kom.” Ek gee vir oulaas ’n harde suig en vat nou met my vol hand sy piel vas terwyl ek dit ritmies beweeg. Ek trek my T-hemp op en lig my kop op terwyl ek na sy perfek-geboude liggaam van onder af kyk. “Kan ek maar kom?” vra Anton my. Ek knik net weer my kop om ja aan te dui en kan hom hoor kreun terwyl hy sy warm kom oor my bors skiet. Terselfdertyd voel ek hoe ek op die koue teëls kom. “A, dis nou nice,” sê Anton.

My gesig straal van vreugde. “Welkom in Pretoria, boet!”

“Ek hou van die plek, maar wil graag nog plekke sien.”

Anton glimlag net terwyl hy my op help.