Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 03/05/2011: My liefie en die simmetrie van ornamente


HJ - 2011-04-29

Ek: Liefie, lees hier. “Women have more orgasms during sex with men who are more symmetrical.” Die ou reken dat die liefde meer gedy wanneer dinge simmetries is. Jy weet, in verhouding soort van. (1)

My Liefie: (Sug) Jy is alweer gepla met dinge. Watse “dinge” praat die vent van?! As jy praat van dáái ding het jy ’n probleem! Is dit die simmetrie van die aanslag of simmetrie van die lyflike?

Ek: Die vent het te vertelle dat wyfiepoue meer hou van mannetjiespoue waarvan die stertvere en ornamente simmetries hang of staan.

My liefie: (Giggelend.) Dan moes ek jou al laaankal gelos het!

Ek: Skuuuus? Praat jy dalkies nou van MY simmetrie?! Hy praat van poue, vroumens! Poue! Daar skort niks met my aanslag nie magtag! En geen vroumens het al ooit gekla oor myse lyflike simmetrie nie! Of oor my ornamente nie!

My liefie begin nou skaterlag en ek besef ek het die verkeerde perd opgesaal. Ek probeer die ding in ’n ander rigting stuur. Meer na die intellektuele ...

Ek: Behalwe van die lyflike reken die vent dat onse koppe fyn ingestel is om simmetrie waar te neem. Vat maar Fibonacci en so. Dan is daar bv ’n simmetriese verhouding tussen elektrisiteit en magnetisme en ...

My liefie: Lossie fisika. Ek wil meer weet van die simmetrie van ornamente! Hoe het hy by lyflike of ornamentele simmetrie uitgekom?!

Ek: Nee, in die jare toet het ’n ou by name George Birkhoff, ’n wiskundige, gereken hy kon wiskundig bepaal hoe “kunstig” ’n kunswerk is. Dit het glo te doene met simmetrie en orde. Maar sy somme was te moeilik en daar het niks van gekom nie.

My liefie: En toe kom hulle by lyflike simmetrie uit! Julle manne mag so dink maar daai ornamente is geen kunswerk nie! Dis nie simmetries nie en dit is ook hoegenaamd nie ordelik nie!

Ek: (Brom.) Ja toe nou! Jy kan nie praat nie. Jy is ’n Vrystater. Julle tone sit wyd. Dit help om in die kraalmis deur te laat! My liefie: Aaaag toemaar HJ, ek speel. Maar dit is snaaks, die idee van jou ornament se simmetrie! Kom hier dan wys jy my hoe wanordelik jou simmetrie is! Oe! Mamma!

(1) Ker Than. “Symmetry in Nature: Fundamental Fact or Human Bias?” LiveScience Staff. 21 December 2005.

HJ