Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Vuil gedagtes


Jay Em - 2011-04-29

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Vanaand is die groot aand. Ons dans in die finaal vir die groot prys, ek en my ballerina. Die gordyn lig, die gehoor raak stil. Sy kom ligvoets uit die donker na my toe aangefladder. Haar mooi, deurskynende rokkie vou sag om haar lang bene. Ek sit my hande sag om haar middel en lig haar op. “Hoër,” fluister sy. Ek lig haar tot bo my kop en probeer om nie te kyk nie, maar ’n man is maar net ’n man. Wat as haar broekie skeur van die spanning. Ja, wat as?
 
Dis toe dat my gedagtes begin dwaal. Ek ruik daai lekker sousies. Ek laat haar so effens sak sodat haar poesie nader aan my gesig is. Ek kan myself nie keer nie. Ek maak my mond oop en vou dit om haar toe poesie. Sy verstyf, maar gee tog gou weer oor. Met my tande probeer ek haar fyn broekie wegtrek, maar dit skeur. Hmm, pas my goed. Nou kan ek tot binne in haar sien. My tong kom sommer vanself uit en streel oor haar klitoris. Sjoe, dis klaar nat. Het sy geweet wat ek wil doen of het sy dieselfde vuil gedagtes? Ek beweeg my tong heen en weer en voel hoe my tril styf raak. Ek wonder of die gehoor dit kan sien. Maak nie saak nie, ek is nou so jags dat niks my kan pla nie.

Ek wil haar nou net neersit en bo-op haar klim. My stywe, jagse tril binne-in haar oopgestrekte poesie laat gly, maar ek kan nie. Nie nou nie. “Sak,” fluister sy weer. Ek beweeg my hande stadig oor haar mooi heupe, om haar een been tot op haar lies. Fok, het ek vanaand die jackpot geslaan of wat? Ek voel hoe my vinger in haar sagte, nat poesie ingly. Ek wil dit nie uithaal nie. Ek wil haar poesie streel met my vinger, saggies, in en uit. Sy druk my saggies op my skouer. ’n Teken dat ek haar moet laat sak en ek doen dit. Sy gly haar vingers in my broek se band, dis nou vir vashouplek, of so het ek gedink. Haar hande beweeg af tot sy my tril effens ontbloot. Ek laat haar verder sak tot haar lang bene om my heupe is. Sy snak na haar asem. Hy’s in! My jagse tril is in haar gladde poesie. Ons draai al in die rondte, al in die rondte. O fok, ek is in die sewende hemel, ek wil kom, maar dis te lekker. As ek nou kom, is alles verby. Asof sy my gedagtes kan lees, druk sy my liggies aan my onderlyf en beweeg stadig weg. Die gehoor klap en juig. Kan hulle dan regtig niks sien nie? Die knop voor in my broek is nou ’n stokstywe wors. Hoe kan hulle dit nie sien nie?

Die dans is verby, maar die gehoor wil nog sien. “Lig haar op, lig haar op!” skree hulle. Ek lig haar weer tot bokant my kop. “Hou haar daar!” skree die gehoor weer. Ek hou haar daar, ek kan haar nie laat sak nie, want my tong speel met haar. Ek suig haar stokstywe klitoris. Suig en sluk daai lekker sappe wat sy my voer. Ek wil nog hê, sy wil nog hê. Ek suig en suig haar tot sy kom. Sy val grasieus agteroor, asof dit deel is van die dans, maar dis eintlik van pure lekkerkry. Die gehoor gee vir ons ’n standing ovation. Ek wil vir haar ’n standing ovation gee – weet sy hoe lekker sy proe? Die gordyn sak weer vir oulaas.

“Jean Pierre, Cleo! Dis julle beurt om te dans!”

Waar dwaal my gedagtes?