Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

Die diepste woord wat ek ken


Bibi Slippers - 2011-04-26

Die week in woorde

Een van my heel gunsteling-liedjies van alle tye is Gert Vlok Nel, die nimlike singende digter /digtende sanger, se “Rivier”, waarin hy sing: “Rivier, o rivier, jy’s die diepste woord wat ek ken.” Ek wil nie regtig diep raak nie, eintlik net bietjie “brag” oor my onlangse riviervakansie. Ek het vir vyf dae op die Oranjerivier gaan roei. Dit was heerlik, ten spyte van die effense onlus op onse kano. Ek was heeltyd in die moeilikheid omdat ek kwansuis nie my spaan diep genoeg in die water druk nie, dis nou aldus my boot-genoot wat al die harde werk blykbaar byna alleen verrig het. Ek pleit bewusteloos. Andersins geokkupeer. Aandag afleibaar. Verlei deur ’n prentjie. Verdiep in ’n digbundel. Of eerder: ’n prentjie voor op ’n digbundel.

Welkom, Sonja Welkom, Sonja

Ek blameer vir Antjie Krog en Melt Myburgh. Dis hulle skuld dat ek nie hard genoeg geroei het nie. Ek het my verstaar aan die omgewing en gewonder oor hoe hierdie wêreld so verskillend woord geword het in twee verskillende digters se monde.


Terug by die huis lees ek hulle verse oor riviere, en wil almal wat dit nog nie gelees het nie aanmoedig om so gou moontlik so te maak. En dié wat dit reeds ken kan gerus terugkeer na die twee rivierboeke toe – ’n mens kan immers nooit twee maal in dieselfde rivier inloop nie.

 

Lees meer op LitNet

 

Splinternuut

Terwyl ek aan die roei was, het die bydraes ingestroom, en die volgende gedigte het die afgelope week op PoësieNet en PoetryNet verskyn: