Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Neerslagtigheid


Michael du Plessis - 2011-04-26

Neerslagtigheid
Na Charles Baudelaire, LXXVIII, "Spleen", Les fleurs du mal

 

Die rëengod, vererg tot in sy dieptes deur die stad,
giet skaduryke koue in golwe uit sy kruik en gooi
die bleek inwoners van ’n nabygeleë kerkhof nat
en stort op mistige voorstede die kennis van ’n dooie.

My kat soek teen die vensterruit vergeefs ’n lêplek
en sonder ruskans bly sy maer lyf vol omlope en woelig;
in die geute dwaal die gees van ’n ou digter, gevrek,
met die treurstem van ’n spook, vir koue steeds gevoelig.

Die kerkklok bekla sy lot, die keelseer staanhorlosie ook,
wat vals saamsing met die vuurhout as die vuurhout rook,
terwyl in ’n pak kaarte vol van vuil reukwater,

(die laaste van ’n watersieke, dodelik, nagelate)
die mooie boer van harte en die skoppensvrou
onheilspellend praatjies maak oor hulle liefdesrou.