Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Ergernis


Michael du Plessis - 2011-04-26

Ergernis
na Charles Baudelaire, LXXX, "Spleen", Les fleurs du mal


Ek’s nes die vors van ’n land vol rëen,
ryk, dog onmagtig, grysaard en tog seun,
hy minag sy raadgewers se swiere,
verveel hom met sy honde soos met ander diere.
Niks beur hom op nie, nie wildvoëls en nie valke,
en nie sy volk nie, wat vrek vlak voor sy balkon.
Die aardige ballades van sy lieflingsnar
laat dié siek wreedaard net sy gesig verstar.
Sy beblomde bed verander in ’n graf.
die hofdames, gek na prinse, gedra hul laf
en het niks minder om te dra nie, sonder skaamte,
om ’n glimlag te trek uit hierdie jong geraamte.
Die wyse goudmaker kon nooit uitroei
nie wat hom ook al in sy diepste siel verknoei.
In die bloedbaddens wat ons van die ou Romeine kry,
waarin die magtiges op hulle oudag hul verbly,
kry hy geen hitte nie vir sy verblufte lyk
want, plaas van bloed, vloei dáár die groen vergetelheid se slyk.