Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 24/04/2011: As antwoord op:


Wouter - 2011-04-21

Érik Desmazières: La Salle des planètes, from his series of illustrations for Jorge Luis Borges’s story ‘The Library of Babel,’ 1997–2001.

Hello

Dit begin met my Pa wat werksaam was by die plaaslike koerant, wat van vroeg af ons huis gevul het met koerante en tydskrifte, twee koerante elke dag, en elke Vrydag ’n pak tydskrifte geneem uit die terugsendings. Van jongs af groot gemaak op Huisgenoot, Sarie, Fair Lady, Cosmopolitan ens. Ook was daar die ure wat ek in die argiewe van die koerant in Bloemfontein deurgebring het. Tot vandag toe nog is die argiewe my gunstelingplek. Ook het my ouers van vroeg af my ingeskryf in die Daan Retief Boekklub en later Leserskring en ek op gereelde grondslagboeke kon kies en so ook my alleen gebruik die Kennis-ensiklopedieë aangeskaf het. My liefde van boeke, tydskrifte en koerante kom dus van my ouers af.

Die punt waar ons verskillende rigtings ingeslaan het kom met die eerste boek wat ek op my eie gekoop het, dus my eerste Engelse boek. Die titel van daardie boek, The Western Canon van Harold Bloom. Dit was ’n ontdekking, wie is al die mense wat Bloom bespreek. Freud is bloot ’n kodifisering van Shakespeare. Wie is Freud? Wat op aarde beteken dit? Shakespeare het skool seker gemaak jy ken. Die biseksualiteit van Shakespeare, Proust en seksuele jaloesie en wat gedoen met Chaucer en die "Wife of Bath" en die Satan van Milton. Dante & Beatrice en so begin die ontdekking van die skrywers wat Bloom bespreek en die lees van die skrywers waarna hy verwys. Keats, Shelly, Hazlitt, Dickenson, Beckett, Pessoa, Borges. Die lys gaan aan en aan.

Maar dit is nie die belangrike boek nie, dit kom kort na die ontdekking van Bloom. Tot vandag toe weet ek nie hoe die Bloom op my pad gekom het nie of wie dit aanbeveel het nie. Die boek wat egter alles verander in my gemoed is No Passion Spent van George Steiner. Hierdie boek het ek lukraak van die rak geneem by Exclusive Books en gaan sit en lees die dag.

Bloom voed jou op ten opsigte van die magdom van skrywers wat ons erfenis opmaak, terwyl George Steiner, idees wakker maak. Om Steiner te lees waar hy die Hebreeuse Bybel bespreek, die konsep van tragedie, vergelykende letterkunde, vertaling, die teks wat as ’n tuiste dien vir die Jode en die twee etes en hul betekenis van Sokrates en Jesus onderskeidelik asook ’n bespreking van die betekenis van die dood van Sokrates en Jesus. In daardie stadium het ek het nog nooit so iets gelees nie.

In die konteks hiervan val die Huisgenoot, Sarie, Fair Lady, Cosmopolitan gou weg en word hierdie die nuwe pad wat ek volg.

In hierdie tyd kry ek werk by ’n boekwinkel, ’n bekende boekwinkel in Stellenbosch net soos dit hier in Pretoria ook is en is daar ’n liefhebber van boeke wat ’n nog groter bestaan van boeke openbaar. Die boekrakke is gevul met boeke waarvan ek nooit sou geweet het en werk ek die volgende paar jaar in natura daar. Vir beide die eienaar en die bestuurder van daardie winkel kan ek net by dankbaarheid bevestig. Dit is nog steeds die beste boekwinkel in Pretoria en omstreke.

Van die skrywers ontdek daar is Isaiah Berlin & Maurice Blanchot, wat tot vandag toe nog tesame met Steiner my fondasie form in die bestaan van idees.

Dit is in die lig daarvan dat die 5 volume The Christian Tradition: A History of the Develpment of Doctrine van Jaroslov Pelikan, of die Cambridge Companion to the Quran my meer welgeval as enige item op die TV of wat die Huisgenoot kan bied, of die versameling van opstelle van Bernard Williams wat die geskiedenis van filosofie bespreek nader aan my is as wat enige ligsinnige vermaak op die radio is en dat Daniel C Matt se studie oor die Kabala, net soos Bloom se Omens of the Millenium, lank gelede deur my gelees is.

Die realiteit is, en ek is elke dag dankbaar daaroor, hierdie tipe boeke verorber ek soos die oorgrote mensdom hul sepies geniet. Dit word sonder enige snobisme gestel en is dit hoe ek my plesier vind. Sommige mense skilder, maak klere, gaan stap, verfraai hulle huise, skryf, doen houtwerk, bou ou motors op. Die lys is sonder einde.

Dit is pleinweg ’n plesier vir my om te weet wat die denke van Sokrates behels, of hoe die ontwikkeling van die drie-eenheid beskou word. Wat is daar van waarde in Dostoevsky volgens die ontleding van Rowan Williams. Sekerlik vind ek betekenis van my eie in Dostoevsky, maar die ontleding van Rowan Williams is soveel dieper as wat ek kan bied. Ook so met Isaiah Berlin wat die perfekte gids tot die studie van idees is, of Blanchot op die betekenis van Holderlin of Adorno op Beckett, net soos Benjamin se bespreking van Goethe beter is as enige ontleding wat ek kan bied. Weereens is die lys sonder end.

Tydskrifte en koerante maak ook weer ’n terugkeer, maar is nou nie meer Huisgenoot, Sarie, Fair Lady, Cosmopolitan nie, maar wel die London Review of Books, New York Review of Books, Times Literary Supplement, The New Republic, Commentary, New Criterion, The Prospect, The Economist, Financial Times, Wall Street Journal, New York Times, Washington Post en op die Kindle se weergawes van Times, Newsweek en Fortune.

Ook maak die internet uiteindelik die radio en TV beskikbaar wat in aard dieselfde is as die boeke, tydskrifte en koerante wat ek nou na waarde ag.

Uiteindelik die boeke, tydskrifte en koerante wat ek van kindsbeen af sou wou gelees het, maar die saad was geplant deur my ouers en vir dit is ek hulle ook ewig dankbaar.

Graag sal ek ook eendag met George Steiner wil sit, net om te luister, na ’n persoon wat die hele westerse erfenis in sy gemoed dra.

Baie dankie

Wouter