Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 23/04/2011: Hoe het jy jou hart op boeke verloor?


MaanKind - 2011-04-21

As laerskoolkind in ’n klein plattelandse skooltjie, was ek die enigste kind in my klas wat vrywillig boeke uitgeneem het, tot die irritasie van Juffrou Millie, wat die biblioteek spesiaal vir my moes gaan oopsluit. In die hoërskool het ek minder belanggestel in die skoolbiblioteek, maar veel eerder die dorpsbiblioteek se bibliotekaresse oortuig dat my ma nie omgee as ek liefdesverhale lees nie. Vroeg ryp, vroeg vrot; het my ouma afkeurend gewaarsku, maar dit het die grondslag gelê vir my lewenslange leeslus.

Wat is my gunsteling-reël uit ’n boek?

(Ek sien die skrywers antwoord almal hierdie een. Ek het die vraag gister al geantwoord, sonder dat ek gevra is nogal. Dit was die heel eerste ding wat ek van my Kindle af "geshare" het op Facebook en Twitter.)

There is an internal landscape, a geography of the soul; we search for its outlines all our lives. Those who are lucky enough to find it ease like water over a stone, onto its fluid contours, and are home.

Some find it in the place of their birth; others may leave a seaside town, parched, and find themselves refreshed in the desert. There are those born in rolling countryside who are really only at ease in the intense and busy loneliness of the city.

For some, the search is for the imprint of another; a child or a mother, a grandfather or a brother, a lover, a husband, a wife, or a foe. We may go through our lives happy or unhappy, successful or unfulfilled, loved or unloved, without ever standing cold with the shock of recognition, without ever feeling the agony as the twisted iron in our soul unlocks itself and we slip at last into place.

(Uit Damage van Josephine Hart)

MaanKind