Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief; 22/04/2011: Pieter se liedjie – deurbraak!


Pieter - 2011-04-21

Met die hulp van Anton Goosen wat vir Martin Lane nadergesleep het en terugvoering van Jurie Els, wat reken die liedjie is moontlik “Ten Thousand Feet” van Nick Taylor (die woorde “ten thousand feet” kom in die koor voor, maar mens tel niks op indien jy dit Google nie), kyk ek vandag na Nick Taylor se Facebook. Hy het onder andere ‘n klomp foto’s daar geplaas van sy seven singles, en wragtag! Daar vind ek dit “Ten Thousand Feet”!

Fase twee van my soektog: Om iemand te vind wat die liedjie het.

Groete

Pieter

Ai nou mis ek my Nancy Drew-dae. Om speurder te speel klink darem lekker. Bly jy’t reggekom Pieter! – Maggie