Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Die slaapwandelaar


Ian Hendrix - 2011-04-20

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Gert en Bianca se huis is onherstelbaar beskadig in die tweede aardskudding in Christchurch. Albei se senuwees was gedaan en hulle het besluit om eerder terug te trek Wellington toe, waar hulle voorheen gewoon het. Bianca het maklik ’n pos gekry, maar ongelukkig kon Gert nie dadelik uit sy pos in Christchurch vrygestel word nie. Omdat ek ’n alleenloper is en ’n groot vierslaapkamerhuis bewoon, het ek aangebied dat Bianca voorlopig by my kom woon totdat Gert hul sake kon afhandel en saam met Bianca hul nuwe lewe kon begin. Per slot van rekening is dit wat goeie vriende vir mekaar doen. Ons ken mekaar immers van universiteitsdae af en het sedert ons in Nieu-Seeland aangeland het, selfs groter vriende geword.

Toe Gert Bianca op daardie Saterdagoggend met haar nodigste besittings by my huis aflaai, het ek hulle hulle slaapkamer gewys, en gespot dat Bianca veilig is en dat ek haar nie sal pla nie. Onder gelag het ek gewaarsku dat ek buitendien my kamerdeur sluit omdat ek ’n slaapwandelaar is en nie skandes wil maak nie.

Gert is vroeg Sondag terug Christchurch toe, en ek en Bianca het op haar voorstel en aandrang gaan inkopies doen om voorrade in die spenskas aan te vul. Bianca is ’n uitmuntende kok, en die bestanddele wat ek vir my eenvoudige spyskaarte benodig, was ontoereikend vir haar resepte.

Op pad na die supermark sien ek uit die hoek van my oog dat Bianca my dophou. Nie net gewoonweg dophou nie, maar “bekyk-dophou”. Toe ons by die supermark parkeer, wag sy dat ek die motordeur vir haar oopmaak, en ek kry ’n glimp van die loergleufie tussen haar volborstigheid toe sy uitklim. Haar spierwit informele kuitbroek en ewe informele sandale pas haar fikse liggaamsbou, en op ’n onverwagse wyse voel ek ’n anderse trots om saam met die aantreklike vrou die winkelsentrum in te stap.

Die kos-koop is uiteindelik afgehandel en ek erken dat dit veel aangenamer was as wat ek my voorgestel het. Bianca is gevat, vol pittige aanmerkings oor produkte en verpakkings, en het buitendien daarop aangedring om self vir die aankope te betaal. Ons het die aankope in die motor gelaai en in die Coffee Lounge gaan koffie drink voordat ons huis toe gaan.

Terwyl ons vir die koffie en kaaskoek (my gunsteling-bederfsonde) wag, het Bianca haarself verskoon en vinnig ingehardloop om iets te gaan koop wat sy kwansuis vergeet het. Alleenlopermans vra nie onnodige vrae nie, en die klein pakkie waarmee sy teruggekom het, het nouliks ongemerk by my verbygegaan.

Dit het ook nie by my verbygegaan dat Bianca nie op die stoel oorkant my gaan sit het nie, maar langs my op die sitbank ingeskuif het.

Die koffie en kaaskoek het aangekom, en die gesprek was lig en vrolik en soms selfs ietwat suggestief. Toe ’n skraal jong vrou en haar oorgewig man by ons buurtafel plaasneem, het Bianca se hand op my been beland, en het sy met haar kop na die tweetjies beduie en veelseggend gevra: “Wie van die tweetjies is bo en wie onder?”

Haar hand het vir die res van ons koffiedrink-kuier op my bobeen gerus.

Tuis het ons die aankope weggepak en Bianca het gevra of ek kans sien om vir haar die buurt te wys voordat ons ’n vleisie vir middagete braai. Ek het gemaklike stapskoene gaan aantrek, en toe my gas in die ingangportaal inkom, het ek na my asem gesnak. Sy was geklee in ’n kort syagtige stapbroekie, ’n sport-bra en kaal magie. (Ja, dit het gelyk asof die kaal magie vir die geleentheid “aangetrek” is!) Haar welgevormde bene was opsigtelik fiks, en haar pragtige gebruinde vel het die kykgenot verhoog.

Sy het my verbasing ontlont deur vooruit te hardloop en my speels te daag om haar te vang “voordat jy besluit dat die bed gemakliker is”.

Die buurtverkenning was weer eens aangenaam, en speels. Sy het op pad terug by my ingehaak en voorgegee dat sy moeg is en ek haar moet aanhelp om teen die opdraande uit te stap.

Tuis het ek die Weber voorberei, maar Bianca het in haar slaapkamer in verdwyn. Toe ek na haar gaan soek om te verneem of sy groente saam met die vleis wil gaarmaak, was die kamerdeur op ’n skrefie oop en het ek ’n ligte zoemgeluid gehoor. Amper asof sy haar hare droogblaas, maar sagter. Ek het aan die deur geklop, en die geluid het opgehou.

“Kom binne, Jaques. Ek is jammer as ek jou kosmaakplanne vertraag, maar ek moes net vinnig aan iets anders aandag gee.” ’n Vleeskleurige vibrator-puntjie het onder die kopkussing uitgeloer en bevestig waar die ligte blos op my aantreklike gas se wange vandaan kom.

Ek vra oor die kosmaakplanne, en Bianca vra of ons nie maar later kan eet nie, want sy is nie honger genoeg nie. Haar voorstel pas my, en ek besluit om ’n uur of wat te ontspan na die laat nag waartydens ons saam gekuier en gewyn het. Ek maak nie my kamerdeur toe nie, en trek die duvet van die bed af voordat ek my skoene uittrek om gemaklik te ontspan. Strelende musiek in die agtergrond laat my vinnig insluimer.

Ek moes redelik diep geslaap het, want ek raak skielik bewus van ’n enorme ereksie tussen my bene. Terselfdertyd ook van ’n liggaam langs my.

’n Naakte liggaam.

’n Baie gewillige naakte vroulike liggaam.

Daardie liggaam vroetel met my broek en voordat ek kon besluit of ek beswaar wil maak, word my broek en onderbroek uitgepluk, my bene oopgesper en hurk Bianca met haar kop naby my mik! Met haar vinger oor haar lippe beduie sy dat ek moet stilbly. Ek gehoorsaam sonder protes, en geniet haar vol lippe oor my stokstyf manlikheid.

“En jy waarsku dat jy ’n slaapwandelaar is! Ek het vir jou gewag om my te kom pla en toe maar besluit om te kom kyk of jy veilig is.”

Sy verander van posisie en sit wydsbeen oor my en vroetel in ’n plastieksakkie waaruit sy ’n pakkie kondome te voorskyn haal. Ek herken die supermark se logo op die plastieksakkie, en weet dat Bianca hierdie intermezzo beplan het terwyl ons kruideniersware gekoop het.

Sy plaas die deurskynende velletjie behendig in posisie en skuif haar nat ingang tergend nader aan my trillende en polsende styfheid. Voordat sy op my kan neerdaal, plaas ek my arms om haar bolyf en trek haar op my bors plat. Soos wat dit enige gesonde man betaam, rol ek haar van my af en sit wydsbeen oor haar. Haar pragtige punterigheid wag kordaat vir vertroeteling, en toe my tong tergend om die tepeltjies speel, sug Bianca tevrede terwyl sy my aan my hare nader sleep sodat ons diep en lank mondkontak kan maak.

Die gestu van haar onderlyf was voldoende aanmoediging om die res van die middag met vele orgasmes te vier.

Terwyl ons asem skep voor nog ’n sessie, tjirp ons selfone feitlik gelyktydig. Ek lees die teksboodskap op myne: “Geniet mekaar. Sien julle Vrydagaand, dan is ons drie. Gert.”

Woordeloos oorhandig Bianca haar selfoon aan my. Ek lees: “Geniet mekaar. Sien julle Vrydagaand, dan is ons drie. Ek lief jou, Gert.”

Ons bars al twee uit van die lag, en ek vra: “Hoeveel kondome het jy gekoop, stoute Bianca? Dit is die vyfde een wat jy vanmiddag oopskeur.”

En sy sê: “Mag ek vra hoeveel blou tabletjies jy nodig het om meer as vyf orgasmes en permanente ereksies vol te hou? Of is dit een van die byvoordele van jou beweerde slaapwandel?”