Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters > Kennisgewings | Notices

Skryfwerkswinkels deur Harry Kalmer: 'n tweedag-verkenning van die storiekuns


2011-04-14

Harry Kalmer, bekroonde skrywer en dramaturg bied in Mei en Junie weer sy gewilde skryfwerkswinkel aan.

“Die sukses van, en die reaksie op, verlede jaar se werkswinkel het my laat besluit om die kursus hierdie jaar wyer aan te bied. Dit gebeur nou in Pretoria, Potchefstroom en Johannesburg. Ek kan nie waarborg dat ek jou binne twee Saterdae 'n literêre superster gaan maak nie, maar ek kan jou 'n paar dinge wys wat skryf makliker gaan maak en jou gaan help om jou storie beter te vertel,” sê Harry.

Kalmer is die skrywer van 7 boeke, 22 opgevoerde dramas, meer as 150 uur se uitsaaitelevisie en die gewilde Vlieger-kortverhale.

Die kursus kos R1 750.00 en strek oor 2 Saterdae en sluit  ligte middagetes in. Die hoeveelheid deelnemers word elke maal tot twaalf beperk.

  • 7 en 14 Mei by die Pierneefteater Pretoria.
  • 21 en 28 Mei by Zietsies Gastehuis Johannesburg.
  • 11 en 18 Junie by Huys ten Bosch Gastehuis Potchefstroom.

Navrae kan gerig word aan Harry by kalmer@netactive.co.za.