Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Skoonsus deel II


ghjee69 - 2011-04-12

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Hierdie is die opvolg van my eerste verhaal oor Skoonsus, wat by die kampplek opgedaag het, geen slaapplek gehad het nie, en op die ou end my en my vrou Rene se bed gedeel het. En ook iets anders, iets redelik styf ...

Toe ek hoor Lize, my skoonsus, kom vir ’n week by ons kuier, kon ek my lag nie hou nie. Of was dit nou my lus? Sy wil blykbaar net so bietjie wegkom van die stres by die huis. Sy en Gys kon nog nie tot ’n besluit kom of hulle moet skei of bly nie. En natuurlik voel die kinders dit aan, en dit maak die spanning in die huis nog erger.

Eers het ek en Rene nie veel oor die kuier gepraat nie, maar die spanning tussen ons was duidelik. Ek weet ek was net eenvoudig lus vir Lize, maar oor Rene se gevoelens was ek maar onseker. Een aand besluit ek om maar die onderwerp aan te roer en die gebeure van die vorige vakansie te bespreek.

“Hoe voel jy oor Lize se kuier?” pols ek.

“Hoe bedoel jy?” kom die antwoord. Ek kan sien Rene is bietjie gespanne.

“Jy weet wat ek bedoel,” sê ek. Sy bly ’n rukkie stil.

“Ek weet nie regtig nie. Aan die een kant is ek maar gespanne oor wat dalk weer kan gebeur, maar aan die ander kant is ek redelik opgewonde. Voel hier”, en sy druk my hand onder haar rok in. Haar broekie is nat aan die voorkant, en ek trek dit weg sodat ek beter kan voel.

“Maak dit jou lus?” vra ek terwyl ek met my vingers tussen my vrou se skaamlippe speel.

“Hoe voel dit vir jou?” kom die antwoord, met so ’n glinster in die oog. “Ja, dit maak my lus. Dit was vreeslik eroties om jou in my sussie te sien ingly, en toe ek jou boonop nog daarna binne-in my voel met al haar nattigheid om jou, kon ek dit nie meer hou nie. Dit het my mal gemaak. Maar solank jy net weet dat dit verbode terrein sonder my is?” sê-vra Rene.

Ek antwoord nie, maar sak af tot op my knieë, trek Rene se broekie weg en druk my tong tussen haar skaamlippe in. Sy gaan sit op die stoel, trek haar broekie uit en gee my nou vrye toegang tot twee baie, baie nat lippe. Dit vat nie lank voor sy haar klimaks bereik nie, en ook nie lank om my broek uit te kry en haar vol van my kom te spuit nie.

*

Toe Lize twee weke later opdaag, is almal van vooraf gespanne. Niemand weet wat om te verwag nie, maar ek dink diep binne ons weet ons al drie wat gaan gebeur.

Lize draai haar wang vir my toe ons groet, maar ek gebruik darem die kans om oor haar boud te vryf. Solank sy net weet dat ek haar nie gaan uitlos nie. Nie vir ’n week lank saam met ons in die huis nie.

Die eerste aand kuier almal rustig saam, en die gesprek gaan hoofsaaklik oor haar huweliksprobleme. Ek sê maar later nag en gaan stort en klim in die bed. Die sussies kan weer ’n slag kans kry om alleen te kuier. My beurt sal nog kom ... En ek bedoel kom ...

Toe Lize later die aand kom inkruip, slaap ek al. Sy kom lê agter my blad en voel onmiddellik tussen my bene. Sy vind ’n redelik harde ereksie.

“Ek het geweet jy gaan lus wees,” fluister sy.

Ek draai na haar toe. “Ek kan nie help julle twee is so sexy nie,” sê ek, en soen haar lank.

Sy draai om, en oudergewoonte sit ek my hand oor lyf en op haar bors. ’n Stywe tepel begroet my. “Jy voel darem self nie sleg nie,” sê ek.

Rene giggel.“Gedra jou! Gee Lize darem net eers kans om te ontspan. Mens sou sweer ons twee het nooit seks nie.” Ons twee se sekslewe het nog nooit te kort geskiet nie; daarvoor is ons al twee se hormone te aktief.

Die volgende oggend lê ek so bietjie later. Rene bring koffie in die bed en ons gesels eers so bietjie. Dit is ons normale roetine soggens; ons maak tyd daarvoor.

“Ek moet gaan, die kinders gaan laat wees vir skool,” sê Rene. “Lize slaap nog, so ek het nie vir haar koffie gevat nie. Kyk maar voor jy gaan of sy al wakker is.” En daarmee is Rene en die kinders weg.

Toe ek die garagedeur hoor toegaan, is ek soos blits uit die bed, gelei deur ’n ernstige ereksie. Ek trek gou ’n nagbroekie aan, maar dit doen nie veel om die knop tussen my bene weg te steek nie. Ek sluip in die gang af na die spaarkamer. Die deur is oop en ek loer in by die kamerdeur in. Lize lê met haar gesig weg van die deur, haar regterbeen bo-op die duvet. Haar swart nagrokkie het opgeskuif, en ek sien ’n bypassende swart deurtrekker uitsteek. Ek sluip nader, en by die bed kniel ek af tot op my knieë. Ek bekyk Lize se boude en deurtrekker van hoek tot kant. Ek leun so bietjie nader om haar beter te kan ruik, en ek kan sweer ek ruik haar seks! Sy kreun ’n slag en vou haar regterbeen op om ’n 90-grade-hoek te vorm. Nou is haar rokkie heeltemal opgetrek, en haar broekie is nou duidelik te sien. Die lig is dof, en ek sien nie enige haartjies uitsteek nie. Maar haar reuke raak vir seker sterker. Sy kreun nog so ’n slag, en ek het alle wilskrag nodig om haar nie net daar en dan te begin lek nie. Ek kyk nog so ’n rukkie, staan op en sluip uit die kamer. Ek gaan af kombuis toe om nog koffie te maak. Ek kyk af en sien ’n nat kol op my nagbroekie vorm. Ek glimlag vir myself. Vir seker het die mannetjie hier onder planne van sy eie.

Ek stort en trek aan, my ereksie nog pynlik in my broek. Ek stap weer gastekamer toe. Dié keer is Lize wakker.

“Môre,” groet ek. “Lekker geslaap?”

“Môre. Dankie ja, en jy?” Lize kyk af na my broek. Ek maak of ek dit nie sien nie.

“Kan ek gou vir jou koffie maak voor ek gaan?” bied ek aan.

“Dit sal lekker wees, dankie. Wag, ek stap sommer saam,” kom dit van Lize.

Met dié klim sy uit die bed en trek haar rokkie af. Ek kan nie help om te kyk nie.

“You like?” vra Lize, met so ’n skelm glimlag op haar lippe.

Ek bloos; as sy maar wéét hoe lus ek vir haar is. “Jy lyk regtig goed,” sê ek. En ek bedoel dit. Ek kon nie gisteraand onder haar klere sien nie, maar Lize het vir seker gewig verloor, en voor my staan nou ’n ongelooflik sexy vrou.

“Ja,” sug sy. “Ek het besluit om by die gym aan te sluit en my frustrasies daar uit te werk. Maar dit vat nogal deursettingsvermoë.” Sy lig haar arms op en draai in die rondte.

“Jy lyk great,” sê ek.

Ons stap af kombuis toe, en ek sit die ketel aan. Lize gaan sit op die kroegstoeltjie en gryp ’n tydskrif. Ek buk af om ’n koppie uit die kas te haal, en loer vinnig onder die blad deur na haar kaal bene.

“Haai, wat kyk jy?” gil Lize, maar darem met ’n breë glimlag.

“Sorry,” is al wat ek uitkry voor ek aangaan om haar koffie te maak. Ek sit die koffie voor haar neer en sê totsiens.

“A nee a,” sê sy.“Net omdat ek jou nie gisteraand ordentlik gegroet het nie, beteken nie ek gaan nie nou nie. Ek was maar net versigtig voor Rene.” Lize staan op haar tone, gooi haar arm om my nek en gee my so ’n lekker nat soen. “Lekker werk”, en sy gaan sit weer op die kroegstoel voor ek tot verhaal kan kom, gryp die tydskrif en lees verder, asof niks gebeur het nie. Ek kyk na my skoonsuster, en sien darem ’n glimlag op haar lippe.

Op pad werk toe kan ek nie anders as om aan Lize se lyf te dink nie. Ek sou wat wou gee om daai broekie van haar te kon aftrek en uitlek. Ek is seker sy het daarin gedrup. Ek kry ’n sms en lees dit.

“Ko j darm iets sien inni slaapkamr v’ogend?” lees dit. Ek maak amper ’n ongeluk! Sy het wraggies geweet ek was daar! En het haar bene oopgemaak dat ek kon kyk. En dis hoekom ek haar kon ruik! Sy was vir seker ook lus.

Ek tik terug: “Nee, di lig was t donkr, en k is jamr k ht ni geweet j is wakkr ni.”

Dadelik kom die sms terug: “K ht ni gedink j sou wgloop ni.”

Ek dink eers so bietjie voor ek terugantwoord: “Ho j broeki vi m asb, k wl di vanaand hê.”

“J’s mal. Sê no R kry dit by j?”

“Ds m problem. Cht wr latr, e’s by di werk,” antwoord ek.

Die dag sloer verby. Keer op keer vang ek myself dat ek sit en dagdroom oor my skoonsuster. Ek sal wraggies nie weer môre daai fout maak nie.

Toe ek by die huis kom die middag, is die sussies in die kombuis besig om kos te maak. Ek groet Rene met ’n lekker lang soen, maar Lize draai weer haar wang vir my. Toemaar, dink ek, ek weet jou lus sit onder ’n baie dun lagie.

Rene sê later: “Ek gaan gou die kinders in die bad sit,” en met dié is sy die trappe op.

Lize staan op, stap so halfpad opwaskamer toe, draai na my toe, en begin stadig haar romp oplig. My ereksie spring onmiddellik op aandag. Haar lang bene kom al meer in sig, en dan steek Lize haar hand onder haar rok in en trek ’n pienk broekie af. Sy druk dit in my hand.

“Maak seker Rene kry dit nie.”

Ek kyk af na die broekie. ’n Paar wit vlekke word oordonder deur vars nat sappe van Lize se poesie. Ek trek my tong onmiddellik daaroor en ruik haar seks op die broekie.

“Jy is heeltemal mal,” kom dit van my skoonsus.

“En jy is lus,” antwoord ek vinnig terug.

Ons hoor Rene se voetstappe op die trap, en ons begin sommer oor my werk te praat.

Die res van die aand is redelik vervelig, behalwe vir Lize wat gereeld haar bene kruis en dan weer kruis en so ’n keer of wat haar bene ooptrek. Mens, as ek jou nou gryp ...

Toe ek later aankondig dat ek gaan slaap, sê Rene sy kom ook saam, en ons los Lize in die sitkamer om alleen TV te kyk. Hierdie keer kry ek darem ’n nagsoen. Toe ons uitstap, maak Lize haar bene so ’n keer weer wyd oop. Môre, skoonsus, môre ...

*

Die volgende oggend lê ek weer laat in die bed, en toe Rene en die kinders ry, is ek soos blits in Lize se kamer. Ek probeer nie eers stil wees nie. Sy lê hierdie keer heeltemal bo-op die bed, haar kort nagrokkie darem oor haar boude getrek. Ek gaan sit op die bed en trek stadig haar nagrokkie op. Twee kaal boudjies begroet my! Sy het nie eers die moeite gedoen om weer ’n broekie aan te trek nie, of het sy dalk doelbewus so gaan slaap? Maar ek sien ook iets anders: Lize se poesie is kaalgeskeer soos haar sussie s’n.

Ek trek die nagrokkie tot bo-oor haar boude en bekyk haar skaamlippe uit alle hoeke. Dan lê ek nader en begin saggies oor haar boude lek. Lize gee ’n rilling, maar sê niks. My tong dartel oor haar boude, deur die gleuf tussen haar boude, al laer af na waar ek haar seks duidelik kan ruik. Ek druk my hand tussen haar bene in en Lize maak haar bene oop vir beter toegang tot haar skaamlippe. Ek trek my tong van bo van haar boude af, al in die gleuf af, oor haar anus (wat begroet word met nog ’n rilling), en dan tot oor twee papnat skaamlippe. Lize lig haar boude hoër op, en maak so haar poesie oop sodat ek my tong diep binne-in haar kan druk. Ek druk my regterhand onder haar heup in en vind ’n opgeswelde klitoris. Met my tong lek ek binne-in haar, met my vinger stimuleer ek haar klitoris. Lize se asemhaling raak al hoe vinniger, en ek kan voel haar klimaks is nie ver nie.

Ek sit regop en trek my broekie uit. ’n Vars druppeltjie lus sit op my ereksie. Ek maak Lize se bene wyer oop, en klim dan oor haar been om in haar mik te gaan lê. Lize kom regop, en staan nou hande-viervoet, poesie wyd oop vir my ereksie. Met een haal gly ek in haar baie, baie nat poesie in. Sy gee ’n lang sug, en dan begin ek stadig in en uit haar gly. Met my hande op haar heupe stamp ek Lize so diep as ek kan. Lize vat haar regterhand en begin nou self haar klitoris vry. Ek stamp, en Lize vryf. Lize kreun al hoe harder, en dan fluister sy: “Vinniger, vinniger, ek gaan kom.” Met alles wat ek het, en so vinnig as ek kan, stamp ek my piel nou in my skoonsussie se poesie. “Ek kom, ek kom!” gil sy nou, en dis al wat ek nodig het en spuit haar vol. Ons val op die bed neer, ek bo-op en binne-in haar, en ons lê vir ’n rukkie so.

“Ek het dit so nodig gehad,” kreun Lize.

“Ek kon dit voel,” kom my antwoord. “Ek kon dit in jou oë sien, daai lus wat bevredig moes word.”

Ons lê nog so ’n rukkie voor ek opstaan, en ek spring in die stort. Ek kom groet Lize, wat nog steeds in die bed lê, maar hierdie keer kry ek ’n diep, passievolle soen. My vingers gly deur haar nat skaamlippe.

“Ek is nog nie klaar met jou nie,” sê ek.

“Ek sou so hoop, ja,” glimlag Lize.

*

Die volgende dag is Vrydag, en ons reël dat die kinders die aand gaan uitslaap by vriende. Ons drie gaan eet eers uit, en ons besluit om sommer ’n kermis-bed voor die TV te maak en te lê en fliek kyk. Maar ons al drie weet wat ons eintlik wil hê, en die bed en fliek is net ’n maklike verskoning om saam te slaap.

Terug by die huis maak ek gou die bed op terwyl die sussies gaan uittrek en hul “neuse gaan poeier”. Ek kry ’n fliek wat ek opgeneem het wat darem ’n bietjie seks in het, en hoop dat dit dinge sal vergemaklik. Ek gaan spring gou in die stort; ek wil darem ook lekker proe vir my vrou en haar sussie. My slaapbroekie help nie veel om my ereksie weg te steek nie, en Rene se gevroetel tussen my bene help ook nie. Gelukkig is ek voor die sussies klaar en spring in die bed; in die middel, dis waar ek wil wees.

Rene en Lize kom so kwartier later af, albei in baie, baie kort nagrokkies, amper bypassend. Ek het nog nie my vrou se nagrokkie wat sy aan het vroeër gesien nie, en ek begin wonder of hulle twee dalk saam winkels toe was om dit te koop. Soos ek my vrou ken, het sy vir seker nie ’n broekie aan nie, maar ek kan nie oor Lize sê nie. Hulle kom klim weerskante van my in, en ek skakel die fliek aan.

Dit neem nie lank vir my vrou om haar hand om my ereksie te kry nie, en sy begin dit stadig te streel. Lize kyk na ons kant toe, want my vrou is nie baie subtiel met haar gevrywery nie. Rene lê links van my, en Lize regs. Met my linkerhand begin ek oor my vrou se lyf streel, af na haar heupe. Soos ek gedink het, het sy nie ’n broekie aan nie. Ek begin voel aan Lize se heup, en vind die bandjie van ’n baie dun broekie. Ek trek Lize se nagrokkie op, en druk my vingers onder die bandjie in. My linkerhand gly nou verder af, oor Rene se kaalgeskeerde poesie, en ek kry ’n baie opgeswelde klitoris. My vrou is vir seker baie lus. Ek gly so bietjie laer af sodat ek beter toegang tot haar skaamlippe kan kry. Rene vat my vingers en druk dit tussen haar nat skaamlippe in.

“Ek gaan gou badkamer toe,” sê Lize, en met dié is sy uit die bed uit. Ek stop die fliek, al weet ek niemand kyk eintlik nie.

Toe ek die deur hoor toeklap, is ek bo-op my vrou. Sy ruk my broek uit, en ek gly maklik tussen haar skaamlippe in. Ek druk tot my testikels teen haar lippe stamp. “Oeeeeeeeee, jy voel heerlik,” kreun my vrou.

Ons hoor die deur oopgaan, en ek gly uit en van Rene se lyf af.

Toe Lize terugkom, sê Rene: “Wag, dat ek ook sommer nou gaan.”

Toe ek die badkamerdeur hoor toegaan, trek ek Lize se rokkie op, en vind nou haar poesie ook kaal. Sy is net badkamer toe om haar broekie uit te trek. Ek leun oor en gee haar ’n diep, lang soen, ons tonge in mekaar se monde. My hand gly oor haar mooi, vol borste, haar tepels kliphard. Ek lek en suig aan haar tepels, terwyl sy my nog effens nat ereksie in haar hand beetkry. My hand gly af, en Lize maak haar bene wyer oop sodat ek toegang kan kry tot haar skaamlippe. Soos haar sussie, is sy papnat. “Is jy lus vir my, of is jy lus?” vra ek, my stem vol lus.

“Kan jy nie voel nie?” sê-fluister Lize.

Wat ek later by Rene sou hoor, is dat sy nooit badkamer toe was nie. Sy het die deur oop- en toegemaak, teruggesluip kombuis toe en in die donker vir ons gestaan en kyk. Met die lig van die televisie agter ons kon sy ’n baie mooi prentjie kry. Sy het haar hand tussen haar bene ingedruk en haar klitoris gevryf terwyl ek haar sussie se tepels gesuig en geknibbel het. Toe ek egter oor Lize gaan staan sodat sy my ereksie kan suig, kon Rene dit blykbaar nie meer hou nie, en het sy amper gekom! Sy het teruggesluip badkamer toe, die deur weer oop- en toegemaak, en na die sitkamer gekom.

Toe ek die deur hoor oopgaan, klim ek van Lize af en lê en wag dat Rene moet terugkom, onwetend dat sy alles gesien het wat gebeur het.

Rene kom aangestap na ons, en ek kan sweer ek kan die lus in haar oë sien. Sy kom staan bo-oor my; ek kyk op en kyk reg in ’n nat poesie vas. Dis so duidelik soos daglig dat Rene nie verder kom fliek nie. Sy trek die duvet van my en Lize af, en sak af oor my ereksie. Dit gly tussen haar skaamlippe deur, en sy gee ’n lang kreun. My hande beweeg op en ek neem haar borste in my hande. Ek vryf oor haar borste en haar tepels. Langs ons lê Lize ons en bewonder; die lig agter Rene van die televisie af skyn op my ereksie, nou bedek met Rene se sappe. Lize skuif op sodat sy beter kan sien. Rene trek haar nagrokkie uit, en haar kaal lyf blink in die weerkaatsing. Ritmies beweeg my vrou op en af, op en af. Lize se hand beweeg af na haar eie klitoris, en met haar bene wat na die TV wys, skyn die lig direk op haar nat poesie. Rene kyk af na haar sussie wat met haarself speel, en Lize glimlag terug.

“Julle maak my vreeslik lus,” sê Lize.

“Ek dink Lize verdien ook ’n kans,” sê Rene meteens.

Ek kla nie, en Rene klim van my ereksie af. Sy kom lê langs my en sê vir Lize: “Jou beurt, sus. Geniet dit.”

“Lê op jou maag,” beveel ek Lize.

Sy draai om en ek gaan sit wydsbeen oor haar boude. My ereksie gly tussen haar boude deur. Dan skuif ek laer af, en lek oor haar boude. Dan af tot by haar skaamlippe, wat nou letterlik drup. Lize kom hande-viervoet te staan. ’n Dun straaltjie van haar sappe loop in haar lies af, en ek slurp dit op. Ek lek teen haar boude op, weer oor haar anus, tot op haar kruis. En dan weer al die pad af. Lize vat haar een hand en trek haar boude verder vir my oop. Ek druk my tong so diep as wat ek kan in haar liefdestonnel op. Dan kom ek regop, plaas my hande op Lize se heupe en druk my ereksie tussen haar skaamlippe in. “Dieper, dieper,” fluister Lize.

Langs ons lê Rene en kyk hoe ek en haar sussie ons belustigheid bevredig. Haar oë staar na my ereksie wat in en uit Lize gly. Rene se vingers druk in haar eie liefdestonnel in, en haar liggaam begin liggies bewe. Ek kan sien Rene is nie ver van haar orgasme nie.

Na wat soos sekondes voel, begin Rene al harder kreun, tot sy gil: “Ek kom, ek kom!” Dis genoeg vir almal, en ek spuit Lize vol met een van my grootste orgasmes ooit. Lize se orgasme volg feitelik dadelik. Uitgeput lê Lize nou plat, met my bo-op haar.

“Kom lê langs my,” se Rene.

Ek trek uit Lize uit en skuif langs Rene in. Lize kom lê aan die ander kant van Rene. Ek vou my arm oor Rene, en voel Lize se vol borste aan die ander kant teen Rene druk.

So raak ons aan die slaap; drie seksbelustigde mense, vir eers tevrede.

*

Wat ek wel kan sê van die res van die kuier, is dat ek die sussies op alle maniere bevredig het. Lank en stadig, vinniges, bo-op my, van agter af in hulle, bo-op hulle. Ons seksorgane was seer teen die tyd dat Lize moes huis toe gaan, maar niemand het gekla nie. Daar’s nog genoeg tyd om te rus.

Tot skoonsus weer kom kuier ...