Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuut by Lapa Uitgewers


2011-04-07

Untitled Document


Nuut by LAPA Uitgewers
dié April:

Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee, Kruie van tuin tot tafel, Toorwoorde roep my, Lentelied, Toulopers.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Kategorie: Niefiksie
Formaat:
Sagteband; 137 x 212
ISBN:
9780799349306
Prys:
R164.95



Klik en koop

Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee
Fassinerende stories oor Suid-Afrikaners in die buiteland
Skrywer: Ilse Salzwedel

Mense trek oor landsgrense heen, maar vir meer as een rede - regstellende aksie, die resessie, misdaad, die liefde en beter geleenthede ... Waarom sal Suid-Afrikaners hulle hele lewe oppak om in ’n ander, soms wildvreemde plek met wildvreemde kulture te gaan oorbegin?

Sit terug en kom kuier saam in Farnese, Libië, Haïti, die Midde-Ooste, Hongkong, Finland, Chili, Afghanistan, Irak, Papoea-Nieu-Guinee, Reni in die Oekraïne, en nog baie ander vreemde plekke. Die stories is plek-plek skreeusnaaks, interessant, en op ander plekke hartroerend eerlik.

Klik hier en koop Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee nou van Kalahari.net!

Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Kategorie:
Niefiksie
Formaat: Sagteband; 190mm x 235mm
ISBN: 978 0 7993 4954 2
Prys:
R203.95

Klik en koop

Kruie van tuin tot tafel
Skrywer:
Marie Greyvenstein

Kruie van tuin tot tafel leer jou hoe om jou eie kruie te kweek en sorg sodoende dat jy op ’n gereelde basis kruie tot jou beskikking het. Kies uit die kruiekatalogus watter krui jy wil plant en volg die riglyne om jou eie kruie te kweek. Oes en stoor jou kruie uit jou tuin – en ontdek wenke oor hoe om kruie te pluk, af te stroop, te kap, rol en op te sny.

Klik hier en koop Kruie van tuin tot tafel nou van Kalahari.net!

Kruie van tuin tot tafel is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Kategorie:
Niefiksie
Formaat:Sagteband; 151x228mm
ISBN: 9780799350906
Prys:
R164.95

Klik en koop

Toorwoorde roep my
Skrywer:
Valiant Swart

In Toorwoorde roep my word Valiant Swart se lirieke saamgevat in ’n besonderse en poëtiese bundel. Hierdie versameling is meer as net liedtekste, dit is digkuns uit die pen van ’n ware woordkunstenaar.

Klik hier en koop Toorwoorde roep my nou van Kalahari.net!

Toorwoorde roep my is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Kategorie:
Romanse
Formaat: Sagteband; 129 x 198mm
ISBN: 9780799348675
Prys: R110.95




Klik en koop


Lentelied
Skrywer: Dirna Ackermann

Lentelied is ’n heruitgawe van twee van die skrywer se gewildste romanses, Vrydagmeisie en Wederomliefde.
Vrydagmeisie

Selfaangestel en incognito beland Chiara op die Klein-Karoo-wildreservaat … binne-in die leeu se bek. Hoe moes sy weet Darian O’Connor is baas hier? Hy’s die een wat sê spring … maar spring, spring Chiara nie sommer nie.

Wederomliefde

Sianka het skaars op Bosbaai geland, of haar lewe staan op sy kop. Nie net die familievete nie, maar veral Hugo Durandt kalwe aan haar netjies beplande bestaan. Alles wat sy tot dusver geglo het, tuimel ineen.

Klik hier en koop Lentelied nou van Kalahari.net!

Lentelied is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.


Kategorie:
Jeug Niefiksie
Formaat:Sagteband; 137 x 212mm
ISBN:9780799349627
Prys: R88.95

Klik en koop

Toulopers
Saamgestel deur: Jaco Jacobs

Die 54 gedigte in Toulopers is almal splinternuut en is geskryf met tieners van 13 tot 15 jaar in gedagte. Van ernstiger temas tot glimlagverse, van rebelse gedigte tot dolverliefde SMS-poësie – al die bydraes in hierdie bundel is met een doel voor oë gekies: om tot moderne tieners se leefwêreld te spreek.

Klik hier en koop Toulopers nou van Kalahari.net!

Toulopers is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700, of besoek ons webblad, www.lapa.co.za.