Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Gepubliseerde digters

w ∆ z = cov (wi, zi) + E (wi ∆ zi)


Tertius Kapp - 2011-04-07

∆ z = cov (wi, zi) + E (wi ∆ zi)
 
ek kan jou betaal vir ’n vlerkfladdering,
vir die retina van ’n astronoom,
Marilyn se maagdevlies is goedkoper
as die geheue van ’n swyende digter.
 
stel alles op prys: sluimerende drome, verdwaalde gebede, ’n dubbele hartomleiding.
staan terug om die skittering te sien, jy is nog jonk, jou oë sit skeel in jou kop.
 
net woorde is gratis.
alles is reeds gesê, en die mark het bepaal
dat die gekoudes vrygelaat word:
dié wat kan jag, sal gedy.
 
moet jou nie bekommer nie:
fotone doen sierspronge – ons weet god is aan ons kant.
(en gemoedsrus is vir sissies.)