Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: 2050


Coennie Boshoff - 2011-04-07

2050

“Oupa, hoe het die dinosourusse uitgesterf?”

“Party sê dit was toe ’n meteoriet die aarde getref het; ander sê dit was die Big Bang. Maar niemand sal ooit regtig weet nie. Ons sê maar dit was die Groot Hand.”

“En die renosters? Was dit ook die Big Bang of Groot Hand se skuld?”

“Nee, kinta. Klein hande ... Klein hande ...”