Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Die jaar 2020


Petronella Basson - 2011-04-07

Die jaar 2020

Ondraaglike pyn. Stof, bloed saamgekoek in my gesig. Asemhaling vlak. Visie verdof. Roofdiere en aasvoëls staan nader.

Ek was die laaste van ons spesie. Hoekom nie net ’n stukkie van my horing afsaag nie? Hoekom my horing uitslag? Waar is die dae toe my familie nog groot was en ons in vrede kon lewe? Die kroonskepping van God het ons grootste vyand geword.