Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Kennisgewings | Notices

Première van top musikale komedie-kabaret by Kalkbaai-teater


2011-04-06

Untitled Document

What’s in a Name?
Kalkbaai-teater
13-30 April
Toegang:  R80 – R175.
Besprekings: 073 220 5430 of besoek www.kbt.co.za


What’s in a Name?
, ’n nuwe musikale komedie-kabaret wat topvermaak beloof, het sy première by die Kalkbaai-teater van 13-30 April vir twaalf opvoerings alleenlik.

What’s in a Name?
is die breinkind van en word opgevoer deur opkomende jong talent Delray Burns en Roland Perold, wat gehore by die Kalkbaai-teater vermaak het met die gewilde  I Love You, You’re Perfect, Now Change.  What’s in a Name? is ’n lighartige blik op name, karakters met interessante name en sommige name wat sommer net verspot is.  ’n Gesonde dosis komedie, musiek en dans rond die vertoning af. 

“Gehore sal baie van hulle gunsteling – musikale teaternommers in ons nuwe komedie-kabaret hoor,” sê Perold.  “Klassieke liedjies soos Mrs. Worthington, Maria en Dammit Janet.  Hulle sal selfs uitvind hoe  Otto Tit-sling en Philippe De-Brassiere met mekaar gewedywer het om die wêreld se eerste bra te skep!”

Perold het aanvanklik die stuk as ’n solo-kunstenaar opgevoer, maar toe besluit om dit tot ’n tweepersoonsvertoning te verwerk. Saam met Burns het hulle die stuk heeltemal getransformeer in 90 minute se ononderbroke musikale pret.

Hoewel sy net 22 is, het Burns wyd in Suid-Afrika en internasionaal opgetree. Sy het die rol vertolk van  Jill Mason in Equus, Peter Schaffer se klassieke drama. In 2010 het sy na Indië gereis om in die IPL-kriekettoernooi te dans, en is vanjaar as die amptelike choreograaf daarvan aangewys. In 2010  was sy ook medestigter van Scriptic Productions, wat Autobahn as dié maatskappy se eerste toneelstuk by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad verlede jaar opgevoer het. 

Burns bring tans die toneelstuk After The End deur Dennis Kelly op die planke en tree ook daarin op. Dit sal by die Grahamstadfees in Julie te sien wees asook in die Kalkbaai-teater in Augustus en die Intimate-teater in September.

Perold is ’n gesogte akteur, musikant, musikale regisseur en produksieleier. Hy het die rol vertolk van Stephen Hoffman in Old Wicked Songs en die musikale regie behartig vir  Return from Oz. In 2010 was Roland mede-produksieleier van twee verhoogstukke, waarin hy ook opgetree het – Autobahn en I Love You, You’re Perfect, Now Change,  wat die Standard Bank Ovation-toekenning by die Nasionale Kunstefees verower het.  Hy het as begeleier opgetree vir  Brutal Tunes en die rol vertolk van The Lost Boy in die volwasse pantomime Peter Pan. Vanjaar is hy die produksieleier van ’n verdere twee opvoerings, What’s in a Name en EDGES, ’n opwindende nuwe musikale komedieliedjiesiklus, wat ook by die Kalkbaai-teater en op die Arena-platform by die Nasionale Kunstefees opgevoer sal word.

What’s in a Name? is die breinkind deur Roland Perold en Delray Burns, en word onder spelleiding van Garth Tavares opgevoer. Delray Burns het ook die choreografie behartig.

What’s in a Name? word Woensdae – Saterdae van 13-30 April opgevoer. Voorskou met laer prys R80 op Woensdag 13 April; geniet die opwinding van die openingsaand met wyn en versnaperinge op Donderdag 14 April – kaartjies kos R175; kaartjies vir ander vertonings kos R110. Vir besprekings kontak 073 220 5430 of besoek www.kbt.co.za