Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

FireFly en Cowboy se fantasie


Skandalus Hoejaer - 2011-04-06

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

FireFly se fantasie

Stadig swem ek borsslag oor na die diepkant toe. Die koel water bring lafenis op die warm somersnag. My lyf voel of dit vinniger deur die water trek sonder die hindernis van ’n swembroek wat dit terughou. Ek draai om en swem terug na waar Firefly skamerig op die trappie sit. Sy sit half vooroor gebuk en lyk so effe selfbewus elke keer as die outomatiese stoeplig die swembad-area verhelder. Dit kom natuurlik elke keer aan as ek te naby aan die huis se kant swem.

My senuwees is ook maar lekker op hol en ek swem tot by haar en neem my yskoue glas witwyn van die randjie langs haar. Ek sou nooit kon dink dat ons vanaand kaalbas in die swembad kon opeindig nie. Ek het net kom koffie drink, ons eerste ontmoeting, maar het op die laaste nippertjie besluit om ’n yskoue bottel Oranjeriver Kelders Chardonne by die Pick n Pay op te tel op pad hierheen. Ons het lekker gesels en sy het toe ook toevallig ’n tweede bottel Chardonne uit die yskas gaan haal toe my bottel klaar is. Die voorstel om te gaan swem was eintlik as ’n grap bedoel, maar hier is ons poedelnaak onder die stoeplig wat nou en dan aankom as mens dit te naby waag.

“Die weer begin opsteek, hoop nie die weerlig slaan ons nou hier nie,” laat hoor ek van my. Ek voel dadelik soos ’n poephol toe ek oor die weer praat, en weet die tyd vir gesels is verby, ek is hier in die swembad met Firefly, en ons is albei kaal en ons weet albei wat aan die kom is. Ek het haar oor die internet ontmoet, eers lank gesels oor koeitjies en kalfies en later al hoe meer intieme en stomende besonderhede begin deel. Dit voel of ek min het om vir haar weg te steek, en ek het ook ’n goeie idee waarvan sy hou! Ek hou my hand na haar toe uit en sy vat dit, ek trek haar nader na my sodat ek my arms om haar kan sit. Ek voel my meneer, oftewel meneertjie wat so bietjie lyf wegsteek in die koel water, teen haar maag skuur. Sy lag en haar hand verdwyn onder die water, af na die kêreltjie wat so koud kry.

Haar aanraking het die gewenste effek, en of dit die wyn is of die bloed wat uit my brein afsak na benede, ek steier so bietjie. “Whoa Cowboy,” glimlag sy toe ek teen haar lê. Ek tel haar so effens op sodat ek haar lekker kan soen en sy sodoende my paal kan vryspring wat haar nou heeltyd in die maag druk. Sy haak haar bene nou om my middel en omhels my in ’n diep soen. Haar kortgeknipte skaamhare skuur nou net so bo my pelvis soos sy teen my vasdruk. My klipharde stok klop en is vuurwarm, ek glo ek sal die swembad kan verhit as dit moet!

Ek stuur ons stadig terug na die trappies toe, en die lig kom weer aan. In my agterkop werk ek uit of ek die handdoek sal kan gooi tot by die ding, want dit raak nou irriterend en ek is bang dit demp dalk FireFly, wat nou ook met skrefies-oë na die lig kyk, se passie.

Ek het verniet gevrees, want sy draai terug na my toe. “Ook maar goed die bure kan nie die swembad sien nie,” sê sy en begin weer soen.

My hande begin nou stelselmatig haar liggaam ontdek. Ons staan nou albei op ons knieë op die trappie en streel mekaar. Ek lig haar half uit die water om haar op die rand van die swembad te laat sit. Sy kyk weer na die lig, en tot my verligting gaan dit af. Sy ontspan dadelik meer en sit bietjie terug op die rand, wetend wat ek in die mou voer. Ek lig haar bene uit die water en sprei hulle. Dan sak ek af na waar haar lippe gretig, halfoop vir my wag. Eers lek ek so al met die gleufie op en af, tot ek die fierregop hobbeltjie teëkom. Versigtig knaag en lek ek om die klipharde velletjie. Dit het die gewenste effek en sy steun saggies. Sy leun agteroor sodat ek ongehinderd toegang tot haar het.

Ek weet sy is naby aan klimaks toe sy haar boude begin rondbeweeg en haar pelvis opstoot na my gesig toe. Ek kan die warm sap op my ken voel stroom toe sy my skielik aan die kop gryp en teen haar vasdruk en sidderend tot halt kom.

Ek lig my op en glip sonder sukkel in. Die kontras tussen die koel water en haar vuurwarm oond is geweldig. Ek wikkel in en uit, in en uit. Uit haar vertellinge weet ek watter posisie sy verkies, en draai haar om op haar hande en knieë en penetreer weer tot diep binne haar. So stoot ek tot die water sulke golfies om ons vorm en hard teen die randjie spat. Sy gryp die rand van die swembad vas en stoot lekker terug elke keer as ek vorentoe beur.

Toe kom een van FireFly se fantasieë waar. Die reën begin op ons uit te sak. Sy het my een aand laat in ’n marathon-internet-chatsessie vertel hoe graag sy tog net een keer dit in die reën wil doen. Die gevoel van die druppels op ons, die water wat teen ons koel lywe spat en die hitte diep binne haar werk alles saam om my diep binne in haar te laat kom. Ek trek terug en laat die koel water oor my spoel.

Om verdrinking te voorkom, want my bene is nou heeltemal lam, hou ek ook aan die randjie was en trek haar nader. Ons lê op die trappie totdat die reën en die koue ons uit die swembad dryf.

Na ’n lekker koppie koffie, waarvoor ek éintlik gekom het, groet ons sonder seremonie en ek val in die pad.

By die huis sit ek die rekenaar aan en check my mails. Die een van FireFly laat my glimlag: “Hey Cowboy, volgende fantasie?”

Ek begin tik.

Cowboy se fantasie

Ek neem so bietjie tyd en kies ’n denim wat ek regtig wil koop van die rak af en slenter stadig na die aantrek-hokkies toe. Die wonder van ons plaaslike Woolworths is dat hulle die aantrekhokkies by die mansafdeling net oor die naweek oopmaak. Ek stap deur die rye vroue-onderklere tot ek by die aantrek-hokkies kom aan die ander kant van die winkel. Ek het haar nog nêrens gewaar nie, en talm so bietjie verleë by die ingang rond. Dan gewaar ek netjiese skouerlengte bruin hare wat ’n glimlaggende gesig omkring wat vir my loer van agter die damesswemklere. Ek kry my token by die assistent en soek ’n hokkie agter in die hoek. Dit is nie lank nie of ek hoor iemand ook by die nou gangetjie afkom. Ek maak die gordyn effens oop en FireFly glip in. Ek druk haar styf vas en gee haar ’n lekker soen, ons albei giggel met baie breë smiles op ons gesigte. Dit is maar ons tweede ontmoeting en ons voel nog vars vreemd vir mekaar. Daar is maar net iets betowerends omtrent iemand nuut aan wie jy nog nie gewoond geraak het nie. Sonder ’n woord sak sy behendig op haar knieë neer en begin my belt losmaak. As daar gekeer moet word, is dit nou, want die oomblik wat my meneer loskom uit sy opgelegde ballingskap van ’n stywe onderbroek gaan hy nie weer teruggesit kan word – ... Te laat, my stewige spies is uit! Ek sit lekker agteroor op die stoeltjie met my broek om my enkels, FireFly se twee hande is om die skag en die stuk wat uitsteek (ja, daar is nog genoeg om bo twee hande uit te steek) is in haar mond. Sy soen, lek en suig terwyl sy my ballas streel en my voëlvel op en af werk. Die wonder van ’n aantrekkamertjie is dat jy omring is deur spieëls, wat sorg vir ’n 360-grade-spektakel van jou bedrywighede.

FireFly se toegewyde passie is op die punt om beloon te word. Ek kreun en steun en byt hard op die onaangepaste denimbroek af om nie te skree toe ek kom nie. Met ’n glimlag staan sy op en vee van die nattigheid op haar lippe af. Sy sluk wat in haar mond is, vryf my hare deurmekaar en glip weer uit die hokkie uit. Dit laat my met ’n taai voël wat ek aan die gordyn afvee (jammer Woolies) en stadig weer aantrek. Ek sit nog so paar minute en kom tot verhaal. Dan vat ek my goed en is ook op pad. My voël klop nog warm en is nog halfmas toe ek oorkant haar inskuif by die koffiewinkel, waar sy vir my sit en wag. Ons groet beleefd en ek vra haar: “Volgende?”