Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie


Reinette Davis - 2011-04-05

My geëelte vinger aarsel op die sneller. Die mikrotoneel in my visier laat my veldhart swel soos my prag merino-stoet. Die misterieuse silhoeët van die Kaapse luiperd lê afgeëets teen die oranjepers van die Sederbergse sonsondergang. Natoog korrel ek.

Met haar doodsprong hoor ek die weeklaag van Afrika wat al haar verlore kinders betreur. Ons Afrika.