Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Natuurmoeders


Marisa Smalberger - 2011-04-05

Natuurmoeders

Die rare skouspel het die Boesmanvrou begeester om kwesbare lewensvorme te beskerm. Sy wil die geheue bewaar en doop ’n veer in geel en swart pigmente. Roset ná roset word die beeld gebore teen die grotmuur. Dit flikker en dans in die vlammegloed van die aandvuur … die vreeslose luiperdwyfie wat ’n skans vorm tussen haar welpie en die duikende swart arend.