Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Die haastige skilpadjie


Jeannette Strydom - 2011-04-05

Die haastige skilpadjie

Die berge eenkant. Die see anderkant. Kleinmond in die middel.

Die seuntjie sien die haastige skilpadjie wat verwoed skarrel die klowe in.

Die grimmige grynslag. Die vuurhoutjie val. Die vlammegeveg tussen fynbos en vuur.

Die donker nag. Mensgemaakte lig faal. Die bangmaak-mooi van vuur en vlam teen die horison.

Die dag breek oor die swart land. Die seuntjie vra: “Waar is die skilpadjie dan nou?”