Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie


Diana Ferrus - 2011-04-05

So hoog op, so steil – sy sou onmoontlik kon ontsnap as die geel gedierte op haar sou afvuur. Miskien, het ek gedink, miskien wou sy rus en vrede hê, of wou sy bo almal uittroon, hovaardig uitspel dat niemand haar gelyke is nie. Nou staan die fynbos gestroop en ons moet fynkam om haar te vind.