Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Loerie


Daleen Hillicks - 2011-04-05

Loerie

Die klap van ’n vlerk trek my aandag, die groenblou en rooi, soveel kleur. Ek hoor die sweefgeluid bo-oor my gaan en my kop volg die kleure-kaleidoskoop. Die bekende koer-koer-geluid volg en ek weet die reën is op pad. Soos ’n wafferse aristokraat word sy kop heen en weer gedraai, terwyl hy my met ’n trotse, regop rug bekyk.