Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie


Annami Simon - 2011-04-05

As die son teen skemer in jou glas kom lê en die maan tussen die takke van ’n kremetartboom blom, strek ’n katding hom langpoot uit. Jy sien hom nie. Hoor nie eens as hy geruisloos naby jou verbysluip nie, die nag in. Dis Afrika. Jy lig jou glas tot teen die angel van die Skerpioen. En drink ’n heildronk op die lewe.