Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Brief aan my vrou


Jo - 2011-03-31


Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek is tans besig met werk in die buiteland. Ek en my vrou kommunikeer deur middel van videochat. Hier volg ’n brief wat ek vir haar gestuur het na een van ons gesprekke. Sy het aangedring ek stuur dit vir LitNet, sodat die lesers dit ook kan deel.

Hallo Lief

Na ons videochat gisteraand, en nadat ek daardie pragtige borste van jou met die twee jellietotnippels weer aanskou het, was ek in vervoering.

Ek het met ’n glimlag en ’n ereksie aan die slaap geraak. ’n Onbepaalde tyd voordat ek regtig wakker geword het, het ek dié erotiese toneel ervaar. Ek is nog steeds nie seker of ek dit gedroom of gefantaseer het nie, want ek was bewus van niks om my nie, behalwe dit wat ek ervaar het. Hier volg presies wat ek beleef het.

Ek is in ons slaapkamer en net my bedliggie is aan. Jy kom die kamer binne en wil net begin uittrek, maar ek keer jou. Ek neem jou aan die hand en bring jou na die venster toe. Ek het reeds ’n ruk terug die bedliggie afgeskakel en die gordyne wawyd oopgetrek. Ek kom staan agter jou en vou my hande om jou middel. Die reuk van jou sjampoe en parfuum bereik my neusgate en ek vul my longe daarvan. Ek soen jou liggies in jou nek. Hoendervleis slaan oral op jou vel uit. Jy lig jou arms op en druk my kop teen jou aan. Buite skyn daar nie eers ’n maan nie, slegs die een straatlig wat so dofweg die area voor ons erf kleur gee. Enigiemand sal ons egter kan raaksien daar waar ons voor ons kamervenster staan as hulle die moeite sou doen of nuuskierig genoeg is.

Ek steek my hande onder die bloes wat jy aan het, in en worstel met die hakies aan die agterkant van jou buustelyfie. Jy buk effens vorentoe en wil my help, maar ek stop jou. Ek wil sukkel, dit maak dit lekkerder. Uiteindelik het ek albei los. Ek trek eers die een skouerbandjie van jou skouer af en skuif dit onder die bloes se mou deur. Daarna lig ek jou arm en buig dit sodat ek die bandjie oor jou hand kan trek. Ek doen dit ook met die ander bandjie. Daarna trek ek die bra uit en laat dit op die vloer val. Ek slaan my hande weer om jou lyf. Dié keer sit jy jou hande bo-op myne. Ek skuif my hande hoër op en kom tot net onder jou borste tot stilstand. Ek maak my hande bak en toe is ek gereed om hulle te voel. Ek neem hulle in my hande en lig hulle saggies op. Vol lê hulle in my palms, jou hande steeds op myne en jou vingers gevleg in my vingers. Ek soek na jou tepels deur die sagte materiaal. Ek vind hulle maklik, want hulle is reeds kliphard. Ek glimlag saggies by myself. Ek neem jou hande en plaas dit langs jou sye, want hierdie oomblik wil ek alleen wees met jou borste. Vinnig vind ek my pad terug na die bekende rondings van jou tieties. Ek rol die nippels tussen my twee duime en wys- en middelvinger. Die materiaal wat tussenin is, maak dit eksoties. Ek knyp die jellie tots meteens hard en jy steun. Ek trek aan hulle en rol hulle weer tussen my vingers. Daarna steek ek my hande onder die bloes in en gaan dadelik aan met waarmee ek besig was. Nou voel hulle effens anders, beslis warmer. Ek kan selfs die knoppies langs jou tepels voel. Ek brei die tweeling saggies in my hande. Jy gooi jou kop agteroor en laat dit op my skouer rus. Jy draai jou kop na my toe en ons soen vurig.

My regterhand verlaat jou bors en gaan al teen die kontoere van jou lyf af. My vingers vind jou denim se knoop en maak dit los. Ek vind die ritssluiter en trek dit doelbewus stadig af. Met my een hand steeds besig met jou een bors trek ek die denim oor jou heup, daarna ruil ek hande om en doen dieselfde met die ander kant van die denim. Ek skuif die denim af tot by jou knieë.

“Bly net so staan,” beveel ek jou. Ek neem een van die klein glasies met amandellikeur wat ek vir ons vroeër ingegooi het en kom staan weer agter jou. Ek lig die glasie tot by jou lippe en laat jou daaraan proe. Daarna plaas ek die glasie op die vensterbank en doop my vingers daarin. Ek besmeer albei jou tepels daarmee vir my om later af te lek wanneer ek daarby uitkom.

Ek sit my regterhand se vier vingers liggies op jou venusheuwel, en voel die bekende ronding. Die twee skaamlippe met die effense klofie tussen hulle. Ek kan die hitte dwarsdeur die broekie wat jy aan het, voel. Ek plaas my wysvinger aan die buitekant van jou linkerskaamlip en my ringvinger aan die buitekant van die regter-ene. My middelvinger is nou regoor jou spleet. Ek druk die materiaal tussen jou lippe in en raak bewus van die twee skaamlippe wat nou my middelvinger toevou. Ek sit my hele hand oor jou vroulikheid en maak stadige, vol sirkelbewegings oor die hele area. My ander hand speel lustig voort met ’n klipharde tepel. Ek trek my wysvinger deur jou poort en vind die plek waar jou lippe bymekaarkom. Ek weet wie daar woon. Jou klitoris. Daai bekende, dog skaam, definitief sensitiewe kittelaar van jou. Dit is moeilik om haar te vind met die broekie tussen my vingers en haar, maar na ’n geduldige minuut of wat se terg kom sy tog te voorskyn. Ek glimlag weer saggies by myself. Soms moet ek vir myself lag as ek met haar speel, want ek het haar al so verpersoonlik dat ek amper al ’n gesprek met haar wil voer.

Ek trek met my een hand jou pantie voor weg van jou lyf. Met die ander hand neem ek die glasie met die amandellikeur. Ek hou die glasie teen jou lyf en keer dit baie stadig om. Die koue, dik, stroperige vloeistof begin teen jou afloop. Dit begin daar waar daar steeds ’n merkie is van die keisersnit en dit loop stadig af oor jou gladgeskeerde heuwel. By die bokant van jou skaamlippe, daar waar my vriendin woon, verdeel die vloeistof – die helfte loop links, en die ander regs teen jou vroulikheid af. Ek steek my hand in jou broekie. Ek baljaar met my handpalm en vingers in jou daar. Ek vryf die likeur behoorlik oral in. Daarna plaas ek my hand oor jou vroulikheid en stadig, baie stadig druk ek die punt van my middelvinger tussen jou skaamlippe in. Ek vind jou opening, snak na my asem en vertoef daar vir ’n wyle, hierdie keer nie om jou te terg nie, maar eerder sodat ek die oomblik vir altyd kan vaslê. Daarna delf ek dieper. Ek voel jou nattigheid en dit meng met die likeur. Ek voel ook die bekende wand van jou vagina. Die effense riffels wat dit het. Met dié dat ek agter jou staan en die manier waarop my hand op jou lê, sal ek nie die gevoeligste deel van jou vagina kan bykom nie, maar dit maak nie nou saak nie.

Jy gaan met jou hande om jou lyf en wikkel jou hande tussen ons in. Ek weet wat jy wil hê en doen. Jy wil my in jou hande neem, met my manlikheid speel, want jy raak nou meegevoer en moet iets met jou hande doen. Maar ek laat dit jou nie toe nie, want dié is my oomblik om jou te geniet en vir jou om te ontspan en my dit toe te laat. Ek plaas jou arms weer langs jou sye. Daarna gaan ek rustig voort met waarmee ek besig was. Ek maak egter nou kleiner sirkeltjies en konsentreer nou meer om aandag te gee aan jou klit. Ek wikkel haar nou – eers stadig en dan al vinniger en dringender. Dan hou ek op. Ek neem jou hand en steek dit in jou broekie. Ek plaas jou middelvinger bo-op jou klitoris met my vinger bo-oor joune. Saam speel ons met haar. Daarna forseer ek jou hand laer af, na jou nóú vuurwarm, nat, taai en geswelde vroulikheid toe – of vagina; doos; poes of kont (noem dit nóú maar wat jy wil). Dit maak my altyd fokken jags as jy aan jouself vat en daarom verloor ek alle ordentlikheid en neem die dier oor in my. Ek voel dat die oomblik dalk te veel gaan wees vir my, want alhoewel ek nie van agter af kan sien wat jy doen nie, hoor ek dit en dit maak my mal. Ek neem my vingers weg en sê: “Gaan jy bietjie aan terwyl ek jou net so bietjie vashou.” Ek plaas my hande op jou borste en speel nou effens rowwer met hulle as tevore.

Ek sit my vinger net gou weer op joune sodat ek kan vasstel wat jy doen. Groot is my blydskap toe ek ontdek dat jou vinger diep binne jouself is en dat jy vinnig en dringend speel. ”Gaan jy aangaan of moet ek oorneem?” vra ek jou. Jou kop is nou heel agtertoe gebuig en jou oë bot toe. Iets trek my aandag en ek kyk op. Buite in die straat, amper regoor ons kamervenster, staan twee mense en gesels. Hulle sien ons glad nie, maar sou maklik kon as hulle net bewus was van die beweging in die kamer. Ek sê jou nie daarvan nie, want ek wil nie nou die oomblik wat ons deel, in die rede val nie.

“Ek soek jou nou binne my,” sê jy, soos baie kere vantevore.

”Nee Mia, hierdie is ’n oomblik wat ek wil onthou, ons kan later ander dinge doen, gaan net aan waarmee jy besig is.” Jy luister nogal na my en speel lustig voort. Die geluide wat ek hoor, maak my hele broek nat van lus. Maar ek dwing myself om nie nou in te gee en jou op die bed te gooi en te naai nie. O, hoe graag sal ek dit nou wil doen, of om jou te lek en te soen op daardie pragtige paradys, met jou hande om my kop wat my aandryf. Maar die oomblik hier voor die oop venster saam met jou, met jou sjampoereuk in my neus, jou borste in my hande, die mense in die straat en die geluide wat jou nat seks maak, is veel belangriker as my behoefte.

Jy begin liggies te kreun en steun. Daarna kan ek voel hoe jou bene eers begin bewe en daarna te ruk. Jy kan nie meer gelyk op albei bene staan nie, maar wissel af deur eers op een en dan op die ander ene te staan. Jou asemhaling is nou korter en begin nou te jaag. ”Sê vir my hoe dit voel, praat bietjie vuil met my toe!” fluister ek in jou oor.

”O fok dis lekker, as ek so aanhou gaan ek kom,” is al wat jy eers uitkry.

”Mmmmmm, nou kom vir my, my lief, speel met haar, moenie ophou voordat jy kom nie, ek wil voel hoe jy kom,” fluister ek weer.

“Aaaaahhhhh, o fok, jaaaa, o fok jaaaa, oe, hier kom ek nouuu, oeeeeee,” uiter jy van diep binne jou. Daarna draai jy vinnig om en leun teen my. Met jou kop op my skouer staan ons vir seker so vyf minute so, terwyl die twee mense steeds voor ons kamervenster gesels oor iets wat ek nie kan uitmaak nie.

Ek sal die ondervinding/droom/fantasie nooit vergeet nie, dit was so werklik.