Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

LêNet: Sci-fi-skryfkompetisie: Die kuberhoer


Billie Reed - 2011-03-31


Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

“Is jy seker dit sal werk?” vra Willie, wat onder my lê.

“Niemand het nog gekla nie.” Ek skuif my reg om vir Gibs plek te maak.

“Gaan ek die inligting kry waarvoor ek gevra het?” vra Gibs terwyl hy sy voël in my gladde poesie insteek.

“My dienste is gewaarborg,” verseker ek hom. “Maar eers het ek julle samewerking nodig,” sê ek. “Willie, jy pomp in terwyl Gibs uittrek. Kyk hoe lank julle die ritme kan behou.”

Willie en Gibs is twee van my kliënte wat data uit my wil onttrek. Willie se piel is in my agterdeur en Gibs is besig om my poesie te naai. Ons begin stadig en na ’n paar probeerslae kry hulle dit reg om ritmies in en uit te beweeg. Ek voel hoe hulle piele teen mekaar skuur met net die dun membrane tussen hulle. Willie het gekies om onder te lê en Gibs lyk gemaklik tussen ons oopgespreide bene. Ek voel hoe Willie se hande my borste vasgryp en my tepels tussen sy vingers vryf. 

Ek is op 18-jarige ouderdom universiteit toe om my passie vir seks en rekenaartegnologie te kombineer. Ek was gou die gewildste vrou op kampus; dit het seker baie met my kleredrag, of die gebrek daaraan, en my reputasie as ’n slet te make gehad. In my navorsing oor seks het ek ontdek dat tot en met die einde van die 21ste eeu mense vir geld genaai het. As gevolg van kuberseks het die seksdrange van mense afgeneem. Niemand wou meer die ware Jakob ervaar nie. Dit was makliker om jou in ’n rekenaar in te prop as om ’n verhouding met iemand te ontwikkel. Voortplanting is in die hande van die Staat.     

“Dis fokken lekker,” hyg Willie.

“Ons moes dit al lankal gedoen het,” kom dit van Gibs. Ek knyp sy voël in my poesie vas en ek hoor hoe hy na sy asem snak. Ek begin my klit te vryf. Alhoewel hierdie dubbele penetrasie my groot genot gee, verkies ek ’n volledige orgasme.   

Toe ek agterkom dat mense weer wil naai, het ek die moontlikheid van ’n gereelde inkomste uit my groot liefdes gesien. Ek is die eerste kuberhoer wat data wat in haar kuberbrein gestoor is, deur seks kan aflaai. Al die ander doen dit op die boring manier van USB-poorte agter in hulle koppe. Ek het in my vagina en anus die nodige tegnologie geïnstalleer om die skakel met my kuberbrein te bewerkstellig. Al wat Willie en Gibs op hulle stokke nodig gehad het, is ’n mikrovlokkie wat ek onder hulle piele se vel gespuit het. Nou moet ons saam orgasme bereik om die oordrag van data te kan bewerkstellig. Sodra hulle gekom het en hulle piele uit my poesie trek, los die vlokkie op en kan dit nie weer gebruik word nie.

Skielik kry ek ’n vloedgolf data wat van Gibs en Willie afkomstig is. Dit is nie deel van my kuberbrein se ontwerp nie. Willie is die kabinetsminister van Staatsgeheime en Gibs die minister van Burgerlike Inligting.

Gibs hou op om my te naai.

“Wat gaan aan?” wil Willie weet.

“Hoe ver is jy?”

“Ek is amper daar. Nog net ’n paar stote.”

“Wat van jou, Mona?”

“Julle sal meer aandag aan my moet gee.”

Ons begin weer. Maar hoe kan ek nou op my eie genot konsentreer met wat ek van die twee bliksems weet? Ek probeer om die inligting wat hulle wil hê, op te roep sonder dat hulle dit agterkom. Gelukkig dink hulle nie nou met hulle koppe nie, maar met hulle piele. Ek maak vinnig ’n seleksie van die inligting, maar die data is te veel en my orgasme te naby om regtig te weet wat relevant is en wat nie.

“Nou moet julle bykom,” kreun Willie. Ek knyp my anus en vagina om hulle piele vas om ons orgasmes te vertraag. Dit werk nie. Ons orgasmes ontplof gelyktydig en ek voel hoe die inligting uit my kuberbrein na hulle s’n stroom. In die oomblik van passie sien ek die mes in Gibs se hand in my rigting flits.

“O, fok.”  



Klik hier vir nog kompetisie-inskrywings

Klik hier vir die kompetisie-besonderhede