Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

LêNet: Sci-fi-skryfkompetisie: Die brein as orgaan


Skandalus Hoejaer - 2011-03-31


Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek is al heelmiddag krapperig. Dit is my veertigste verjaarsdag, en in stede daarvan om bly te wees voel ek moerig en soek skoor, met die plaaswerkers, die jongeling by die koöperasie, ja, almal.

Ek staan en kyk vir myself in die spieël, en is nie juis mal oor wat ek sien nie. Ek kan my voël net sien as ek in die spieël kyk, my pens hang heeltemal oor hom. En ek het flippen lanklaas ’n horing gehad. En ook bles daarby.

Saterdag hou ons ’n partytjie op die plaas wat belowe om ’n lekker opskop te wees, lekker brannas met my pelle drink terwyl ’n skaap lekker op die spit draai. Dit is eers Saterdag, vanaand gaan ek en die vrou in die dorp eet. Sy karring al lank by my om by die Mad Hat te gaan eet. Ek voel ons kan by die huis eet. Die klein restaurant het so ’n maand gelede hier oopgemaak. Mense van die Kaap af wat dink hulle gaan hier in die hartjie van die Vrystaat ’n fensie plek aan die gang hou.

Terwyl ons vir ons roomys en sjokoladesous wag, voel ek al beter oor die plek en die mense. ’n Kort, lenige mannetjie en ewe kort, durf ek sê, sexy vrou. Albei met swart reguit hare en donker oë. Ek hoor hulle is van Italië of iewers in die buiteland afkomstig. Die roomys kom, en die vroutjie maak ’n punt daarvan om ’n bakkie voor my te sit wat heelwat meer roomys en sous in het as die vrou en kinders s’n.  Ek smul aan die lekker sous.

Net voordat ons ry, gee die eienaardige paartjie ’n boks vir die vrou aan; albei se donker ogies blink in die kerslig van hul fensie eetplek en ek kon sweer hulle het albei vir haar geknipoog.

Na ons die kinders weer terug besorg het by die koshuis, is ons in die bakkie en laat waai die 40 km grondpad huis toe. Ek wonder oor die boks wat nou onder by Anneke se voete lê, maar vermoed dit is iets volksvreemd wat sy nou by hulle gekoop het – hou daarvan om geld uit te gee. Maar nietemin ek gee nie te veel om nie, sy bring haar deel en ek voel soms sleg dat ek haar nie juis kan uithelp in die slaapkamer nie, wel, nie in die laaste drie jaar nie.

By die huis gaan sy dadelik kamer toe, ek sluit en maak toe, en is ook op pad. Ek voel, snaaks genoeg, nogal bietjie stout en is bly toe ek haar in die kamer aantref met haar spesiale onderklere aan. Ek vermoed nog heelaand sy het dit aan. “Jou geskenk,” sê sy en gee vir my die boks aan. Dit is toe ’n skoenboks wat toegedraai is met bruin papier. Ek maak dit versigtig oop.

Ek is stomgeslaan. Dit lyk soos oorfone, daai grotes wat oor jou kop pas en jou hele oor toemaak. Twee pare. Ek luister nie eers musiek nie, waarom die oorfone, wonder ek. By nadere inspeksie sien ek die kabeltjie loop direk in die ander paar oorfone in. Terwyl ek nog so frons, sit Anneke haar stel op en sit my stel vir my op. Dit voel of ek duiselig begin word.

Ek word wakker, met ’n simpele glimlag op my gesig. Anneke is besig om die oorfone netjies in die boks te bêre. Die geluk straal uit haar uit. Haar bene is wankelrig as sy probeer opstaan. Die son skyn al buite en sy wil gaan koffie maak.

Wat het gebeur?

Ek trek vinnig aan en vat die bakkie sleutels van die tafeltjie af.

“Waarheen so haastig?” vra Anneke.

Ek gryp haar om die middel en soen haar. “Dorp toe, ek wil gaan dankie sê en batterye vir daai ding koop!”



Klik hier vir nog kompetisie-inskrywings

Klik hier vir die kompetisie-besonderhede