Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Koper kroonwild


Ester Cloete - 2011-03-30

Koper kroonwild

Die nederige verkennergroepie was maar ’n viertal sterk ... met ’n baanbrekerswil en ’n oorlewingsvuur deur eeue gekoester en veredel.

Saam het hulle die Karoo omarm met sy ysige wintervaalte en hete somerweelde.

Hulle is geboetseer en gebrei verby siektes en vrektes ...

Seisoen ná seisoen was daar  nuwe spitsoor-rooibruinvreugdes by met troptrots bemagtig.

Vandag ... ’n bastergemsboktrop van veertig sterk!