Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Die luiperd se wens


Helena le Roux - 2011-03-30

Die luiperd se wens

Dis nag. ’n Volmaan verlig die Bolandse berge. Met sy gespikkelde lyf staan hy hoog op die rotsrif, op soek na kos. Geen bok is in sig; selfs die bobbejane is stil. Sy wens is: Moenie ons bome afbrand nie, bewaar die kleinwild en hou ons bergwater skoon. Wie sal na die luiperd se wens luister?