Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Lewe


Jenny Fourie - 2011-03-30

Lewe

Haar amber oë glinster as sy die prooi gewaar. Sy sak laag op haar hurke, trek haar ore plat en staar stip. Die rooibokram kyk senuagtig op asof hy iets aanvoel, maar knibbel weldra verder aan die soet doringboombotsels.

Dan, elke spier snaarstyf gespan en die opwinding koorsig kloppend in elke sel van haar gekolde lyf, spring sy.

En Moeder Aarde sug tevrede.