Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

LêNet Sci-fi-skryfkompetisie: Die ander kant


Stefan - 2011-03-30


Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Thomas sit agteroor in sy stoel en kyk in ongeloof na die toneel wat besig is om voor hom af te speel. Hy onthou hoedat sy ma altyd vir hom gesê het dat hy met die helm gebore is.

“Goeiemôre meneer Vermoten,” groet die hotel se ontvangsdame toe Thomas oudergewoonte by die hotel waar hy oornag se ontvangs aanmeld.

“Kamer nommer 13, soos gewoonlik?” wil die ontvangsdame weet.

“Jy weet mos,” antwoord Thomas. “Ek is al so lank ’n gas by die hotel, dit voel al soos ’n tweede huis.”

Thomas onthou die eerste keer toe hy by die 19de-eeuse ou hotelgebou ingeboek het, baie goed. Dit was toe hy op versoek van ’n wetenskapsfiksietydskrif navorsing gedoen het oor nabye doodondervindings, of NDE’s soos wat dit alom bekend staan. Die publikasie van sy resultate was uiters omstrede en het baie kritiek uitgelok.

Thomas is in sy vroeë dertigs en is ’n wetenskaplike van professie. Hy is begaafd en het verskeie toekennings verwerf met sy navorsing oor die paranormale. Hy is juis vandag hier omdat hy besig is met navorsing oor persone wat na bewering met mense kan kommunikeer wat dood is, en hy woon later vanaand ’n televisie-opname van so ’n program by.

“My oë bedrieg my,” dink Thomas en hy knip sy oë net om weer seker te maak dat hy reg sien.

Thomas is uitgeput na afloop van die televisie-opname toe hy die hotel se deur agter hom sluit, sy klere uittrek, onder die warm stort gaan staan, hom afdroog en net so kaal in die bed klim. Thomas wonder hoe mediums dit regkry om so baie mense, insluitend die media, te flous. Hy dink aan die komitee vir wetenskaplike navorsing van ondersoeke na die paranormale (SCICOP) se bevindings. Hulle dui in hulle bevindings aan dat mediums van drie tegnieke gebruik maak om hulle gehoor te oortuig, naamlik deur baie vinnig te praat ten einde hulle gehoor te verwar, deur te soek vir antwoorde in die lyftaal van hulle gehoor se kleredrag, juwele en gesigsuitdrukkings, en deur voorhandse inligting agter die skerms van potensiële slagoffers te kry. En dan is daar die oorbeklemtoning van suksesvolle lesings.

“Hoe op dees aarde het jy dit reggekry om ...?” vra Thomas verbaas die vrou wat hier reg voor hom staan.

“Dit maak nie eintlik saak hoe ek dit reggekry het nie,” antwoord die vrou.

Thomas kan voel hoe die warm bloed in sy are opstoot; trouens, die bloed in sy are is so warm dat sy penis stokstyf en penorent staan. Die enigste wat nou deur Thomas se gedagtes bons, is die begeerte om met die beeldskone vrou hier voor hom seks te hê. Thomas kan die gevoel van die begeerte wat hy ervaar, nie verklaar nie, en reken dat dit bloot ’n psigologiese reaksie is op wat hy sien.

“My naam is Vignette,” sê die vrou. “Ek is lank reeds afgesterf,” sê sy. Sy kom sit langs Thomas op die bed terwyl sy haar hand onder die duvet inskuif en heen en weer oor Thomas se styfheid streel. Thomas gaan haar glad nie teen nie. Al wat hy nou wil doen, is naai. Toe Thomas sy styfheid by haar indruk, besef hy dat hy nog nooit vantevore so lekkergekry het nie. Elke keer wanneer hy haar indring, is dit asof hy iets beleef wat nie van hierdie wêreld is nie, en elke keer wanneer hy uitgaan, is dit asof iemand ’n duisendtal demone op hom loslaat. Hy kan egter nie genoeg kry nie en wil net aanhou en aanhou – dan is hy bo, dan is hy onder, dan is hy weer bo, dan rol hulle in die rondte, so gaan dit aan en aan ... totdat Thomas so lekkerkry dat sy saad deur die lug skiet en die bedlampie tref.

Thomas lig sy kop op en kyk reguit in die oë van Vignette. “Ek wil net seker maak dat ek nie droom nie,” sê hy.

“Jy droom nie,” sê Vignette. “Die geestesdimensie bestaan werklik, maar ons verkies om dit te deel met die enkeles wat geseën is met die gawe om ons te kan sien en met ons te kan kommunikeer.”

Thomas staan op en stap oor na die stoel in sy hotelkamer. Hy gaan sit agteroor in die stoel en kyk in ongeloof na die toneel wat besig is om voor hom af te speel met al die mense in die hotelkamer om hom wat begerig is om met hom te kommunikeer, en dan besef Thomas met ’n skok: dit bestaan werklik ... die Ander Kant.




Klik hier vir nog kompetisie-inskrywings
Klik hier vir die kompetisie-besonderhede