Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Mens en dier


Petronella Basson - 2011-03-29

Mens en dier

Luiperd in die boom. Roerloos. Spiere trillend. Gespitste ore. Starend na die aankomende prooi.

Die man kom fluit-fluit aangestap. Veldhoed flap in die wind.

Grommend. Een sprong. Mens en dier rol in die stof. Die man lag uit sy maag.

Hul daaglikse speletjie. Hy voer strelend die luiperd stukkies vleis. Die luiperd lek sy hand.

Onafskeidbare vriende. Hulle het neffens mekaar grootgeword.