Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Bakoorvos ook


Waldemar Gouws - 2011-03-29

Bakoorvos ook

Wat moes ek maak met die bakoorvos in die slagyster? Toe ek hom vroegoggend by die grensdraad vind, voel ek my hande is afgekap, soos sy twee bruin voorpote. Sy gryserige nek was doodmoeg. My redelikheid het die oorhand gekry. Maar wanneer sal ons met ’n skoon gewete kan spog oor al die beskermde skape? En wat moes ek anders maak?