Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Nog ’n renoster val


Coennie Boshoff - 2011-03-22

Nog ’n renoster val

Die skree van die mense. Die klap van die skoot. Die stof van val en ek wat hardloop. Dieper in die donker in. My hart wat klop en my asem wat jaag. Nog ’n skoot en dan die geraas van die saag wat die nag se stilte finaal stuit.

Die nag was donker

Die nag was swart

Daardie nag

Was dit my ma.