Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie


Lynne Botes - 2011-03-22

Sonja Heroldt sing: “Bring vir die harlekyn nog wyn … ” Die uitheemse harlekynkewer met sy plantluis en kannibalistiese vreetlustigheid moet egter die trekpas kry. Identifiseer hierdie liewenheersbesie volgens die “M”-patroon net onder die kopgedeelte en rapporteer sy teenwoordigheid aan ’n insektekundige. Dink net aan die skade as hierdie kewers saam met druiwe gepars sou word? Dus: geen wyn vir of met hierdie harlekyne nie.