Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Die olieboortoring


Zenta Haink - 2011-03-22

Die olieboortoring

Die olieboortoring troon oorweldigend hoog bokant die wateroppervlak uit. Dieper en dieper boor ons op soek na nog ’n groot oliebron. Dan ruk die boortoring! Het ons moontlik ’n olieput ontdek? Hoera! Nog olie! Boonop stroom die olie in groot massas uit. Ru-olie en smeerolie. Maar wat gaan ons vir ons kinders sê? Wat gaan ons sê van die visolie, die lewertraan en die traanolie?