Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Vriende met voordele


Hotel Lover - 2011-03-22

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ons almal verstaan hierdie term baie goed, maar soms sukkel ons om dit regtig prakties te beoefen.

Ek kan so goed onthou toe ek die Maandagoggend die Beeld gou op die internet gelees het. Nooit het ek internetkommunikasie vir alleenlopendes gedoen nie, maar daardie oggend het ek gou net vir die grap geregistreer. Ek het nagelaat om alles in te vul, soos byvoorbeeld dat jy nie in ’n verhouding of getroud mag wees nie, en het op alle versoeke gemerk “enige”. Later die middag was jy op my profiel en het jy my genooi om na joune te gaan kyk.

Jy was baie reguit en eerlik. Jy het gesê dat jy in ’n vaste verhouding is, dat jy ’n baie hoë seksuele dryfkrag het, en dat jou verhouding gesond is, maar dat die seks nie stomend is nie. Jy stel nie belang in ’n een-dag-sekssessie nie, maar is op soek na ’n nuwe langtermyn-bedmaat. Wat my regtig getrek het, was dat jy gesê het ek sal nie één keer onbevredig wegstap nie. Jy het ’n foto op jou profiel gehad en ek nie, maar ek het dadelik my telefoonnommer vir jou gestuur. Ek het geweet as jy my stem hoor en ek jou vertel hoe nat, sappig en geswel jy my poesie maak, jou hormone oral oor die plek gaan wees en jy bereid gaan wees om my te ontmoet sonder ’n foto.

So is die eerste afspraak op ’n Vrydagmiddag in ’n hotel in Pretoria, maar ons ontmoet eers by die kroeg waar ons gaan bevestig dat daar wel seksuele wellus vir mekaar is. Ek sit voor jou met my swart potloodrompie op die kroegstoeltjie. Ek kruis my bene oor mekaar en leun effe agtertoe. Terwyl ek dit doen hou ek my bobene net lank genoeg oop om seker te maak jy kan die begin van my kantbokserbroekie sien. Jou oë skiet dadelik tussen my bene in en toe jy opkyk, is ons in mekaar se oë in.

Ek het alreeds die kamer bespreek en betaal. Jy dring daarop aan om die kontant vir my terug te gee. Uit jou beursie haal jy vyf R100-note en oorhandig dit aan my so skelm-skelm. Dit laat my soos ’n prostituut voel en die wilde gedagte daaraan maak my poesie natter en ek voel aan die binnekant van my bobene hoe loop my seksuele sappe teen my af.

Ek wag in die hotelkamer vir jou. My kantbokserbroekie is nou uit en ek sit op die spieëltafel. Jy kom binne en kom staan so twee meter van my af en jy begin om jou klere uit te trek, jou oë vasgenael op my poesie, wat jy nou duidelik kan sien, want my bene is wyd oop vir jou. Jy staan in jou bokseronderbroek en jou penis is so styf en kloppend vir my poesie dat die kop van jou penis uitsteek aan die bokant van jou onderbroek. Die kop van jou penis is blink van die lustigheidsappe wat uitkom.

Ek voel jou vingers tussen my geswelde lippe en dit is so nat die sappe loop net by my poesie uit. Jou vingers is al om my klitoris en die lippies en ek weet jy weet dit gaan nie net oor die klitorisknoppie nie – die klitoris-sensitiwiteit is oral. Dit maak my mal en ek wil jou vinger of tong op my klitoris voel, maar jy doen dit nie. As ek afkyk, sien ek jou stywe penis, maar jy staan te ver, ek kan nie vat nie.

Ek verwag dit nie, maar die volgende oomblik gly twee van jou vingers binne-in my stywe en geswelde poesie en my poesie trek onmiddellik saam met hierdie penetrasie, en die volgende oomblik spuit ek oor jou hand. Jou hande gaan om my boude en heupe en jy trek my amper van die nat spieëltafel af totdat jou penis diep binne-in my poesie gaan. Ek verstaan dit nie, ek het nog nooit so gespuit nie, maar ek geniet dit so en jy is net so gek daarna. Ek hoor net: “Come on my baby, give it all to me”, terwyl jy my vorentoe trek en agtertoe stoot. Sonder waarskuwing vat jy dan die kop van jou penis, sper my bene wyer oop en vryf die kop van jou penis oor my klitoris. My bene begin onbeheerbaar te ruk van plesier en ek word duiselig soos wat al die bloed na my klitoris vloei, en binne-in my vagina trek alle spiere saam en ek bereik orgasme soos nog nooit, en ek kom weer, maar hierdie keer sodat daar so ’n ligte wit vloeistof uit my loop en my klitoris nou so geswel en sensitief is dat jou aanraking my liggaam laat ruk. Dan buk ek af en vat jou penis in my mond en stimuleer met my mond, tong en hand jou kloppende penis en ek kan dadelik voel hoe trek jou balle saam en die volgende oomblik sê jy net: “I am coming my baby” en dan ontplof jy in my mond en ek suig elke druppel kom uit jou penis en jy ruk van plesier.

Ek kan nie wag tot ons volgende hotelkamer ontmoeting nie.