Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

LêNet Sci-fi-skryfkompetisie: Replika


Billie Reed - 2011-03-17


Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


“Blade.”

Dr Eve Deckard se blik skiet van die lêer voor haar na my oë. Sy bekyk my van kop tot tone, maak die lêer toe en staan stadig op. Haar lang swart hare val oor haar skouers en die vasgeknoopte wit jas aksentueer haar bruingebrande borste. Sy kom staan langs my, buk vooroor en fluiter in my oor: “Runner.”

Sonder enige aanmoediging staan ek op en begin my klere uit te trek. Ek gaan lê op die ondersoektafel en sprei my bene oop. Dr Eve Deckard neem stelling tussen my bene en plaas haar koel hande op my dye terwyl haar vingers my poesielippe oopsprei.

“Nes ek gedink het. Glad geskeer en ʼn onaktiewe klit.”

“Wat ...? Ek skeer nie. Dit was nog altyd so.”

“Ek wag al 200 jaar vir jou.”

Sy gly haar vinger op en af deur die droë sloot van my poesie.

“Voel jy enigiets?”

“Soos wat?”

“Genot. Prikkeling. Enige sensasie.”

“Al wat ek voel is die irritasie van iemand wat haar vinger oor my poesie vryf.”

Dr Deckard druk haar middelvinger in my droë vagina.

“Demmit. Het jy nog nie van smeermiddels gehoor nie?”

“Ek sal moet opereer.”

“Nie vandag nie.”

Ek knyp haar tussen my kaal bene vas en probeer haar omgooi. Met gemak forseer sy my bene oop en druk my terug op die tafel, haar gesig teen myne.

“Ek wil jou iets wys.”

Sy staan terug en maak stadig haar wit jas se knope los. Haar vol borste bars uit die jas en kort voor lank staan dr Eve Deckard kaal voor my. Haar bruin tepels penorent, haar maag plat en haar vulva uitdagend vorentoe. Sy stoot my van die tafel af, neem my plek in en wys dat ek tussen haar oopgespreide bene moet gaan staan. Tot my verbasing sprei sy haar poesie met haar wys- en middelvinger oop. Ek buk af om beter te kan sien en vir die eerste keer in my 21 jaar sien ek ʼn poesie van naby. Niks in die samelewing kon my vir die oomblik voorberei nie. Ek het nog nooit my eie vulva so bekyk nie. Dr Deckard is ook glad. Twee dun gladde lippies loop deur haar gleuf. Aan die bopunt van die sloot is daar ʼn knoppie wat uitsteek. Versigtig raak ek met die puntkussing van my wysvinger daaraan. ʼn Onwillekeurige ruk gaan deur haar liggaam. Op my vingerpunt bly ʼn gladderige slym agter. Ek proe daaraan.

Iets dwing my om my tong deur haar gleuf te trek. Dit proe soos die lekkerste heuning-suurlemoen-drankie. Ek lek en lek en lek. Hoe meer ek lek hoe meer kom uit. Ek suig aan haar knoppie. Sy druk my kop stywer teen haar poesie vas. My tong glip in haar gladde vagina in. Ek rol my tong in ʼn teug en suig nog meer nektar. Sy ruk asof sy ʼn epileptiese aanval kry. Ek stop.

“Hoekom is ek nie so glad en nat nie?”

Dr Deckard herstel stadig.

“Tydens die Seksoorloë is vrouegene gemanipuleer dat hulle klitorisse ...”

“Klit– ... wat?”

“Die knoppie.” Sy wys na die knoppie aan die bopunt van haar spleet. “Die godsdiensowerhede wou verhoed dat vroue seks geniet en daarom het wetenskaplikes ʼn membraan oor die klit laat ontwikkel.”

“Hoekom het jy dit dan?”

“Ek is ʼn kuborg ... ʼn meganiese mens. My skeppers het gesorg dat jy my sou opsoek om vroue weer vrou te laat wees.”

“Wat bedoel jy, om weer vrou te wees? Is ek dan nie ʼn vrou nie?”

“Sonder ʼn klit is ʼn vrou niks anders as ʼn mobiele broeikas nie.”

“Bewys dit.”

“Kom sit regoor my en sprei jou bene.”

Ek doen dit. Ons oopgespreide poesies wink vir mekaar. Dr Eve Deckard vryf haar vingers deur haar spleet en met haar nat vingers vryf sy oor my droë poesie. Sy herhaal die prosedure tien keer voordat ek iets begin voel. Nog twee keer en dit voel asof ʼn swaar gewig van my poesie gelig word. Dr Eve buk vooroor en lek my poesie en suig my bevryde klit. Dié keer voel ek die sensasie van puur genot.

“Is ek nou ʼn vrou of ʼn kuborg wat ontwaak?”




Klik hier vir nog kompetisie-inskrywings
Klik hier vir die kompetisie-besonderhede