Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

LêNet Sci-fi-skryfkompetisie: Astrale orgie


Ian Hendrix - 2011-03-16


Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Webber- en Diagonal-strate wemel vanoggend van taxi’s en busse vol mense wat by die landdroshof werk, of in hofsake betrokke is. Toe ek die straat na die hofgebou oorsteek, hoor ek die stem my naam roep. Ek kyk om, maar sien niemand bekend nie. Ek sleep die trollie-tas met regsboeke teen die trap op en mik na Hof 25, waar ek vanoggend namens ’n bekende sakeman verskyn. Die aanklaer en twee prokureursklerke is reeds in die hof, en ek wag my beurt af om met die aantreklike aanklaer te praat en seker te maak dat “my” saak nie tot na etenstyd sal wag om geroep te word nie.

Ek groet die aanklaer, en sy vra of sy my kan help.

“Asseblief. Ek is Lieb Brandt en verskyn in saak nommer AF2456/2011 namens die beskuldigde.”

Sy vind die dossier, lees die opsomming, en vra wat ons beplan om te pleit.

Ek is bewus van ’n eksotiese parfuumgeur wat om die vrou hang.

“Ons pleit onskuldig, en sal vyf getuies roep,” antisipeer ek haar volgende vraag.

Sy verseker my dat ons saak teen 09h45 aan die beurt sal kom, en ek besluit om ’n draai te loop voordat die openbare geriewe te vol en besig raak.

“Lieb Brandt, waar kom jy vandaan? Van wanneer af doen jy weer hofwerk, of het die korporatiewe opdragte opgedroog?”

Dit is Marius Calitz wat agter my praat net toe ek die kleedkamers binnestap.  Hy is ’n oudkollega van toekatyd toe ons al twee klerkskappe by Vorster en Cohen gedoen het. Marius is ’n strafregspesialis, en bekend in die ongure kringe van hierdie stad.

Voordat ek sy vraag kan beantwoord, groet hy ’n bebaarde advokaat, en ek ontsnap van die man se onbeskaamde nuuskierigheid.

Op pad terug na Hof 25 hoor ek weer die stem my naam roep. Ek staan stil, kyk oral rond, maar sien niemand bekend nie. Toe ek weer aanstap, voel ek ’n hand op my skouer. Dieselfde stem wat my naam vaneffe geroep het, praat sag in my oor. “Stap na Kamer B1007. Sluit die deur met hierdie sleutel oop en wag daar.” Ek voel ’n sleutel in my handpalm, maar sien steeds niemand nie.

Ek stap met die trap op na die volgende verdieping, vind Kamer B1007, sluit die deur oop en stap in. Die vertrek is dienlik gemeubileer, en die sonblindings is toegetrek. Ek sien niemand nie, maar ruik die aanklaer van Hof 25 se parfuum. 

Die stem beveel my om my baadjie uit te trek en op die leerbeklede rusbank te wag. Asof gehipnotiseerd gehoorsaam ek. Ek voel die teenwoordigheid van onsigbare mense aan – waarskynlik meer as een. Terselfdertyd voel ek veilig – onbedreig.

Ek hoor harpmusiek en besef my kaal bolyf word deur drie pare sagte, onsigbare hande bevoel en betas. My broek se gordel word losgemaak. My broek word behendig uitgetrek, ook my onderbroek. Ek stribbel nie teë nie en laat gebeur wat gebeur.

Die stem praat weer: “Ontspan, ontspan. Geniet die oomblik omdat jy wil, nie omdat jy moet nie!”

Drie stelle klein handjies streel en bevoel elke sentimeter van my vel. Monde omsluit my testes en penis en knibbel aan my ore en tepels. ’n Onsigbare lyf sit op my bors. Ek ruik die parfuum. Toe-oog voel ek hoe ’n vrouelyf oor my gly. Twee sagte borste druk teen my vas en alhoewel ek niks sien nie, voel ek die sagte bors en orentstaande tepels in my handpalms.

Die erotiese muskus-seksreuk is by my neus, en ek besef ’n vrou sit op my gesig. My tong soek na die teiken, en vind twee vol lippe met ’n kittelaar-uitstulpsel. Terwyl ek lek en knibbel, vind my hande twee heupe. Ek streel twee welgevormde boude, ’n rugstring en sye. Ek hoor versnellende asemhaling, ’n orgasmiese kreet. Drie monde bewerk my. Twee aan my penis en saadsakkie, en een soen my oopmond. Ek ontplof in ’n ongelooflike orgasme.

Die landdros kug: “Weens gebrek aan toepaslike getuienis deur die Staat word die beskuldigde onskuldig bevind. U mag maar gaan.”

Op pad na my motor lees ek die koerantplakkaat op die besige straathoek: “Advokaat, aanklaer en twee hofbeamptes na bewering deur onsigbare wesens ontvoer.”

Ek ruik weer die parfuum!




Klik hier vir nog kompetisie-inskrywings
Klik hier vir die kompetisie-besonderhede