Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Ons sorg vir onsself


Francois van Zyl - 2011-03-16

Ons sorg vir onsself 
 
Blare ritsel en kraak in die flou maanlignag. Vier gesigte beweeg suutjies deur die bome. Die renoster hoor die geluid en trippeltrap senuagtig. Geel oë betrag die toneel onheilspellend. Skielik ontplof die spierbondel en een word met kake en kloue grond toe gebring. Die res verdwyn met angskrete deur die bosse. Ons sorg vir onsself hier in die natuur.