Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Laaste kans


Estelle Nagel - 2011-03-16

Laaste kans

“Ek is jammer – julle het haar gemis.”

Ek neem my seuntjie se hand en ons loop tot by die hok. Haar pels is reeds vaal, die tong slap en blou. “Was dit regtig die heel, heel laaste luiperd?”

“Ja.”

Hy dink ’n bietjie. “Daar is darem nog van hulle op TV, nè?” Hy pluk my mou. “Hoekom huil jy?”