Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie


Reina Nieuwoudt - 2011-03-16

In ’n vlietende sekonde vernou die groengeel katoog tot ’n spleet sodat alle bewegingskonsentrasie daardeur gefokus word. Die saamtrekking van kragtige rug-, dy- en nekspiere laat flits die pragtige rosetkolle op sy pels en hy verander in ’n projektiel wat grasieus op die dwarstak van ’n vaderlandswilg land. Die absolute ekstase en gelukskoot om ’n luiperd te sien spring ...