Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

LêNet Sci-fi-skryfkompetisie: Die lig gesien


Slagpen - 2011-03-10


Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Ek lê net. Kan nie slaap nie. Iewers, ver, blêr ’n radio: country-kak, al heelnag. Oor verlore liefdes en onskuld en ...

Skielik is dit stil. Ek kan selfs ’n fokken kriek hoor tjirrrp.

Tjoeps, is die kriek ook stil. Ek luister, my asem ingehou soos ’n diepseeduiker, onbewus van enigiets behalwe wat voor my oë is. ’n Lig. Groenerig.

Daar was wragtag geen geluid nie. Hulle was net daar. Twee vrouens, toe drie. Asof die eerste een haarself gekloon het – flippen sel-deling of iets. Die middelste een (al drie was rooikoppe, identies) het haar catsuit oopgezip en vir die eerste keer was daar ’n geluid. Net daai z-zipp-pp.

Hemel, wat ’n droom. Maar te kort, soos altyd. Mos ’n bliksemse natuurwet dat dit verby is voor jy kan score. Werk net so. Die etterse Duiwel se grap, lankal nie meer snaaks nie, maar dit hou net áán. So donners onregverdig.

Ek sit regop – of probeer. Dis gietgatdonker. Maar dis nie my kamer nie. Wat ... de ... hel? ’n Hand, sag en warm soos  ’n songebakte satynkussing, gly oor my binnebeen. Geluide. Dit klink soos ’n gefluister, maar dis asof van binne my kop – ek verstaan nie die woorde nie. Maar ek verstaan die bedoeling: “Lê net. Óns doen die werk.”

Nog ’n hand begin oor my bors vroetel, skerp naels oor my regtertepel, dan stadig oor na die linkerkant. En nog een – sommer reguit na die harde ding tussen my bene. Ek kan nie glo dis myne nie, so hard en groot voel dit.

En toe die ongelóóflike plesier. Hierdie onbekende, ongesiene vrou ken haar storie. Haar mond is ’n oond, my broodjie rys en rys net voller en groter, en dit raak onuithoudbaar. Ek wil haar waarsku, maar, te laat; ek kom en kom en kom, in daai warm, sagte slim mond.

Die mond gaan nie weg nie. Dit suig steeds saggies en ek hyg hard en hees terwyl die opwinding weer vinnig opstu. En toe is daar ’n wollerige ding op my oopgesperde mond. Net een ding kan so voel, so ruik, smaak.

Ek maak my rug hol terwyl die mond, wat al vinniger oor my bewende penis gly, al dieper afsak, tot teenaan my maag. Suigend. En ek begin lek aan die sopnat vagina wat ritmies oor my mond skuur. Ditsem, meisiekind, dink ek, wérk ... mét ... my!

Dis asof die kamer gevul word met asems, ’n hortende gehyg. En ek kom en kom weer.

Dit was toe die ligte aanklap-klap, kompleet soos nat handpalms teen mekaar. Ek kon nie beweeg nie. Die drie vrouens wat so wonderbaarlik in my kamer verskyn het, hou my stewig vas.

Ek sien ’n vierde, massiewe, reuságtige vrou – en sy is naak.

Duidelik is die ander drie haar onderdane, want hulle maak vir haar plek om op my te klim. Sy blokkeer alles voor my oë: die mooi rooikoppe, die vreemde, skerp groen lig, alles. Al wat ek sien, is twee enorme, pragtige borste wat stadig op my neerdaal. Perfek.

Behalwe vir die blouerige nippels. Dit laat my dink aan ’n mooi skildery met die verkeerde ou se naam op: the devil is in the detail.

Maar wat, vervalsings kan ook mooi wees. Of jags. Wie gee om as dié soort genot oor jou spoel? As jy in ekstase oor die aarde sweef? As jy voel jy ontplof van plesier?

’n Sagte, groot, warm mond sluit oor myne. Die groot vrou suig aan my tong. Behendig, berekenend - speels eers, dan intenser: ’n meestersoener. Sy kén haar storie.

Asseblief, as ek droom, wil ek nooit wakker word nie! Net hierdie een keer!

Ek is weer in my bed, natgesweet. Iets ruik snaaks. En my hele lyf pyn. Die nagluggie is koel oor my kaal lyf.

In die lig van die straatlamp sien ek donker kringe oor my bobene, my maag, my ... oor my onderlyf is ’n dik slymerige smeersel. Ek probeer opstaan, maar ek kan nie. Ek wil gil, maar daar kom net ’n onaardse ge-hu-huu uit.

En ek weet: soos my penis en testikels, is my tong nie meer daar nie.

Of altans: dis dáár maar nie meer híér nie. Die hemel weet waar dáár is.


Klik hier vir nog kompetisie-inskrywings
Klik hier vir die kompetisie-besonderhede