Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Afrikaans > Miniseminare

Dit is die resensent wat sy/haar geloofwaardigheid moet handhaaf


Jeanette Ferreira - 2011-03-10

Ek sien nie juis probleme met ’n algemene boekeredakteur nie. Omdat ek self vir al die Media24-koerante resenseer sedert ek nie meer aan ’n uitgewery verbonde is nie, het ek die idee gekry etiek en onafhanklikheid is in ’n groot mate die resensent se verantwoordelikheid. (...) Andersyds resenseer ek boeke van uitgewerye vir wie ek as redakteur vryskutwerk doen en ek het nog nooit geskroom om negatiewe kritiek te gee as dit nodig was nie. Dit is die resensent wat sy/haar geloofwaardigheid moet handhaaf. Boekeredakteurs weet in elk geval nie van al die onderstromings waarvan hulle behoort te weet nie, dus moet ’n resensent self weet hy/sy soek moeilikheid om ’n resensie te lewer wat aan persoonlike voorkeure of afkeure gekoppel kan word (almal wat belang daarby het, weet gelukkig van onderstrominge).

Daarbenewens sal ’n redakteur wat sy/haar sout werd is, weet dat ’n resensie in ieder geval gerig moet wees op die teikengehoor van ’n boek, en nie gegrond moet wees op die resensent se persoonlike voorkeure nie.

Toegegee, ’n algemene boekeredakteur kan seker meebring dat die keuse van resensente verskraal, maar dit kan ook die geval wees met drie verskillende boekeredakteurs. Daar kan Vrye Woord juis ’n bydrae lewer deur ’n te vrye voet dwars te sit as dit begin lyk asof die resensies alles uit ’n klein dammetjie geskep word of as dit lyk asof ’n resensie ’n persoonlike klank dra. Dit is in elk geval ’n goeie idee, algemene redakteur of nie.



<< Terug na die “Een boekeredakteur”-miniseminaar <<