Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Kompetisie: Peugeot 504


Liezel Coetzer - 2011-03-10

Peugeot 504

Die doeane-offisier se woorde weergalm soos ’n doodskreet
“U Peogeot 504 word na Malawi verskeep”

Jare se onthou flits voor my geestesoog verby
Deur dik en dun het ons die golwe van die lewe saam gery

Skooldae se afduik agter die seat
Het plek gemaak vir ’n trotse student agter die stuur

Die kerk se koster met sy kunsbeen moes jou selfs een oggend brandstoot
Daardie vernedering van net te groot!

Maar een blye dag ná jy ons gestrand gelaat het op die N1
Was die lang samaritaan met petrol  toe nou dié een ...

Een storie van die oopwaai van jou regterdeur
teen die aankomende verkeer
en ons was saam soos poësie in ’n bottel ...

 






Klik hier vir die kompetisie-besonderhede